Satellite
Show on map
  • Day29

    Reconnecting

    December 5, 2016 in New Zealand ⋅ ☀️ 22 °C

    Een ding wat ek opnuut besef het op ons trippie is dat ware vriendskap nooit vergaan nie. Ek het vir Christine in matriek laas gesien, dis exactly 15 jaar terug. Sy en haar gesin het permanent New Zealand toe getrek. Ek het haar in Mei laat weet ons beplan om NZ toe te kom en het haar 'n paar updates oor ons movements gegee soos ons reëlings in plek begin val het. Ek het haar gebel toe ons nader aan die Noord eiland kom en toe reël ons 'n kuier. En is dit nou 'n kuier van epidermiese proporsie. Ons is tot op 'n missie om skoolmense se lewens se ontrafel dis mos lekker om te sien hoe al die uitblinkers en akademiese reuse uitdraai ooo en "stalk" in goeie styl op facebook.

    Dis heerlik om net aan te hou kuier waar ons opgehou het donkiejare terug. Sy het ons opgelaai by die lughawe en toe gaan lunch by so lekker Italiaanse plekkie by die North Westgate mall. Ek was baie beïndruk met die basil plantjies op die tafels, nog 'n oulike idee. Ons is almal bietjie gaar want Christine het nagskof gewerk en ons is vroeg op in New Plymouth na laat in die bedkom. Ons het op 'n uitstappie na Takapuna beach met Boss gegaan. Dis duidelik 'n rykmans neighborhood met allerhande kafeetjies en koffie plekkies. Ons eet die lekkerste roomys OOIT by Movenpick, ek munch 'n coconut swiss chocolate, dit smelt in my mond soos 'n Ferrero Rocher dit proe soos NOG en NOG.
    Read more