Satellite
Show on map
  • Day 6

    Mr Miyaki

    December 13, 2016 in Australia ⋅ ⛅ 27 °C

    #MRMSAYS… drink frose...

    Heerlike verjaarsdag bederf ete, dis vreeslik oorspronklik en anders en oortref al my verwagtinge

    Besluite besluite...toe ons daar aankom was dit 'n uur en 45 min waglys, hulle vat glad nie besprekings nie, duidelik baie populêr. Ek drink toe so verfrissende frosé (ps. dis aanvanklik wat my aandag op instagram getrek het) dis so slush puppy- rige droë rosé wyn en die presentation sal enige Affie huishoudkunde juffrou laat flikflakke maak. Ons hum en ha of ons 'n snack moet eet of na 'n ander plek moet gaan, ek wil bitter graag hier eet maar Roedolf lê die feite uit van hoelaat ons eers gaan eet, vroeg opstaan ens...'n bietjie van 'n penarie -ons moes maar vroeër kom.

    Ek gaan "reconfirm" met die host en verduidelik ons het 'n baie vroeë vlug, sy is behulpsaam en kyk wat sy kan doen. Êrens het die goeie kelner ook gesien ons is besluitloos en sy bring 'n cocktail op die huis. Ons kuier lekker en eks in vervoering oor al die skeppings wat uit die kombuis kom.

    Kort daarna het ons 'n tafel, dit was nie naastenby 'n uur en 45min nie. Ek besef dis hul manier om maar expectation te manage want mens het geen idee hoelank mense sal vertoef nie, die plek het 'n ongelooflike atmosfeer en mens kan maklik vashaak.

    Ons volg die kelner se aanbevelings en eet die heerlikste volksvreemde kos soos Roedolf sal sê. Dis 'n Japanese plek met 'n moderne aanslag. Die Salmon tacos is 'n treffer verder eet ons 'n prawn sosastie stokkie in 'n degie, so pork skewer met soetsuur smakie en nog heerlike goedjies wat mens nie alledaags proe nie.Die diens is uitstekend en die kos is bekoorlik, die kelner maak ook 'n mini ophef oor my bday met so MRMiyaki shooter.

    Hierdie "eet" ervaring het my weereens laat besef hoe verskillend ons is, ek sal 'n week vooruit na restaurante soek, "must do's" met 'n experience en goeie kritiek (resensies?) ish my afrikaans🙈. Ek sal sonder blik of bloos lank wag en die honger met wyn afspoel. Roedolf aan die ander kant sal n BiG Mac op sy verjaasdag kies en liries daaroor raak.

    It's not wrong it's just different!

    Wat 'n Lekker aandjie saam te danke aan mr Miyagi
    http://mrmiyagi.com.au
    Read more