Satellite
Show on map
  • Day13

    @Barnards in Bulimba Brisbane

    December 20, 2016 in Australia ⋅ ⛅ 28 °C

    Ons kap 'n fliekie op die vlug en dis woerts warts tot in Brisbane... domestic travel in die Suidelike halfrond is moeiteloos. Niks dramas met waterbottels en toiletries nie.

    20minute tot by die Barnards waar Alyssa ( en die ouers) ons opgewonde verwelkom. Ons het hulle laasweek in Melbourne gesien en dit haar sommer laat ontdooi.

    Ons spring almal in die Prada om te gaan kersliggies kyk in die stad. Ek pas net-net tussen die kinders se karstoeltjies in, ons het pret met selfies om die pad "korter" te maak.

    Alyssa is in vervoering oor al die Kersbome en "wow" alles. Dis te kosbaar om die kinderlike vreugde te beleef. Ons is toevallig betyds vir die kersparade en lasershow by King George Square haar gesiggie is priceless. 'n Paar dierliefhebbers protes oor die regte bokke "raindeers" wat die kersvader rondsleep.

    Sy wil sê heeltyd "one more" dis te kostelik, sy wil net nog een kersboom met liggies sien. 'n Belewenis om Brisbane se Kersfees gees te ervaar.

    {Issy}
    Read more