Satellite
Show on map
  • Day1

    My gunsteling tydverdryf WAG en VISA

    January 13, 2017 in Vietnam ⋅ ⛅ 32 °C

    Hierdie is 3de wêreld pappie!! Geduld moet jy hê of vinnig kry!! En kommunikasie is taamlik min tot geen in 'n obskure taal gelukkig is Isabel, 'n "global" naam so hopelik sal ek hoor as hul my naam in tjonkie roep nie so seker oor die van der Westhuizen nie.

    Per die website het ek verwag dit gaan 'n 30min oefening wees want jy het klaar 'n visa approval letter van immigrasie en fotos, dus moet jy net hoes en 'n stamp of papiervisa in jou paspoort kry. In elk geval dis nie die beste sisteem nie maar sekerlik 'n beter sisteem as om jou paspoort by 'n ambassade te kry van 'n eiland af en jou hele pedigree te gee maande in advance. In Vietnam soek hulle net jou naam, van, geboortedatum , paspoortnommer en arrival date. Ek het darem lekker binnepret want Amerikaners, Britte, Aussies en basies almal onder die son met 'n posh paspoort moet ook 'n visa kry en dit is totaal en geheel en al buite hulle comfort zone.

    Hier sit ons half frustreerd half gefasineerd en dankbaar dat ons dinge beplan het om n hele dag aan travel te budget... want hier is die pas anders en êrens het ons al 'n les of twee geleer.

    Weereens leer ek, ek wag nie graag nie!! Daar roep hul nou van der Westhuizen (verbasend goed uitgespreek) BOOM hier gaat ons. Roedolf sit met oorfone en hoor skaars!!

    65 min not TOO bad🤣
    Read more