Satellite
Show on map
  • Day 2

    Hotel Xuân Mai 3

    January 14, 2017 in Vietnam ⋅ ⛅ 27 °C

    Vanaand se hotel het een ster, nie lekker seker waar hulle die ster gekry het nie. Haha

    Eerste ding wat ek gedink het toe ek hier in stap was, my pa sal eerder dood voor hy hier bly. Die kamer was skonerig. Die beddegoed het darem skoon gelyk en die bed was klip hard, seker die hardste bed wat ek al ooit op geslaap het (ek het 5 jaar op n photon geslaap so eks gewoond aan 'n harde bed). Die beddegoed is defnitief gemaak vir kort klein vietnamese mensies, as ek dit optrek tot bo is my bene van my knieë af ondertoe oop.

    Ons hotel is die middelste gebou op een van die fotos, daar is 'n polisie stasie aan die linkerkant, so dis seker erg veilig. Snaaks genoeg lyk hulle polisie karre asof dit reguit uit die oorlog uit kom.

    Die gebruik hier is om jou passpoort te vat as jy incheck by enige hotel of blyplek. Niemand kan rerig vir ons sê hoekom nie. Gelukig het ons beide nog ou passpoorte by ons met ons US visa in so ons gee daai oudjies in as dit iets oorkom is dit nie einde van die wêreld nie. Nog iets wat ek nie dink my pa mee gemaklik sal wees nie.

    Ingesluit in die hotel is ontbyt, maar dis baie eenvoudig. Ons het omelette en brood bestel. Ons kry toe basies roereier pannekoek en 'n baie lekker baguette, dit was maar bietjie droog maar niks wat soya sous nie kan regmaak nie.

    Ons het egter baie lekker hier gebly, na aandete het Isabel haar boek gelees en ek het lekker le en fliek kyk. Lekker rustige aand na 'n baie vol dag.

    {Roedolf}
    Read more