• Eiland lewe

    31. januar 2017, Cambodja ⋅ ☀️ 23 °C

    Na in check, het ons die rustigste dag denkbaar. Dit was heerlik om net te onstpan, ons het 'n rustige middagete by restaurant met 'n 360 grade uitsig. Ons slaap 'n twee ure middagslapie, gaan snorkel voor ons plekkie, Roedolf koop 'n plaas oor die seepgladklippe en ek skrik my morsdood ek sien hoe ek hom na 'n boot moet dra. Die hangmat voor ons huis is ongelooflik, mens kyk na die uitsig en wees net.

    {Issy}
    Læs mere