Satellit
  • Dag 20

    Vergeet

    24. februar 2017, Thailand ⋅ ⛅ 30 °C

    Ek vergeet graag goedjies op plekkies, maar daar is 'n merkwaardige mysteriese manier hoe ek en my besittings weer herenig word. Ek is gelukkig soos dit, dit breek vir Roedolf want hy verloor nie goed maklik nie, maar as iets van hom wegraak is dit "goneski". Ek aan die ander kant is 'n loskop, maar wonder bo wonder kry ek altyd my goed terug. Die aantal kere wat ek al by lost en found moes gaan draai ... ontelbaar...ek keer wel gewoonlik terug met 'n vrolike stap.

    'n Week gelede het ek my sonbril in die taxi vergeet, en sonder te veel moeite het die taxi maatskappy dit by een van haar vriend gelos wat naby die lughawe werk, ons stop toe net vinnig daar vanoggend en voila wuif iemand vir ons in die pad met my sonbril en brillkassie. Roedolf skud net sy kop haha.

    {Issy}
    Læs mere