Satellite
  • Day 7

    Souk soek soek soek

    March 15, 2017 in the United Arab Emirates ⋅ ☀️ 28 °C

    Isabel was in haar element by die old Souk vandag. Ek verstaan hoekom hulle dit 'n "Souk" noem, want mens loop daar rond en soek vir goedjies om te koop.

    Ek het dit geniet om vir Isabel so gelukkig te sien. Ek gaan nie jok nie, ek verstaan glad nie hoe sy so gelukkig kan wees om rond te loop en eintlik vir niks spesiefiek te soek nie.

    Hierdie verkoopsmanne kort net n pinkie dan gryp hulle die hand, hulle probeer so hard om jou in hulle winkel te kry en dan is dit verby met jou. Hulle sal jou nie sommer laat uitloop sonder dat jy iets koop nie, en hulle werk vir elke verkoop. Mense kan baie by hulle leer, hulle ken hulle produkte baie goed. Die snaakste ding is hoe hulle met n sakrekenaar werk om jou te wys hoeveel die prys vir iets is. Hulle tip die "first price" op die sakrekenaar. Dan doen hulle die som om jou eerste afslag te gee wat wonderlik klink want dis 20% van die "first price" af, maar in werklikheid seker nog dubble wat jy eintlik moet betaal. Sekerlik val baie mense vir dit en hulle dink het lekker afslag gekry. Jou doel moet wees om by hulle "best and final price" uit te kom. Dis gewoonlik die "first price" gedeel deur 3 of 4, anders het jy te veel betaal.

    Die juweliers winkels is op n ander level as wat mens gewoond is, daar is selfs 'n ring wat om my middel sal pas. Dis die Guinness World Rekords se swaarste goue ring.

    {Roedolf}
    Read more