Satellite
  • Day5

    Eerste aand in Storms rivier

    December 30, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 25 °C

    Hierdie plek is so na aan die hemel as wat mens seker op aarde sal beleef.

    Dit bly net eenvoudig een van die mooiste plekke in die wêreld vir my!

    Die beste vir my is hoe my siel hier kom rus, die oomblik toe ons hier aankom toe voel ek op vakansie!

    Eks so dankbaar vir die ongelooflike tye wat ek hier gehad het as kind en nou as grootmens, ek hoop ek kan my kinders ook lief maak vir dit wat die natuur vir ‘n mens bied!

    As ‘n side note, my vrou kan rerig nie braai broodjies maak nie. Sy sukel rerig met watter kan kry botter en watter kant kry filling. Vanaand het sy ‘n broodjie gemaak met filling aan beide kante van een sny brood, so op die beste n dagwood braai broodjies. Ek sal maar moet lesse gee....
    En die is nou maar nie bosveld nie, mens moet maar met kole braai al voel dit nie reg nie, die hout is altyd nat hier en maar moeilik om dit te kry om te brand.

    {Roedolf}
    Read more