• Twee dates

    December 17, 2024 in South Africa ⋅ ☁️ 22 °C

    Ons kry eintlik maar min tyd deesdae om net ons twee tyd saam te spandeer, so ons moet maar elke kans vat wat ons kan kry.

    Ons gaan drink een aand 'n drankie by 2nd on Main nadat al die kinders in die bed is en my ouers daar is sou hulle wakker word.

    Ons drink ook 'n koffie saam by Seattle Coffee na 'n oggend se draffie.

    Dis so belangrik om sulke tye te hê wat ons help om weer die konneksie te koester, veral na die jaar wat ons gehad het, is konnekteer-tyd broodnodig.

    Isabel bly my beste vriend en die persoon met wie ek eintlik die meeste tyd wil spandeer, al kry ons nie nou regtig tyd daarvoor nie. Ons kan darem terugdink aan tye soos op die 25-dag cruise waar ons 25 aande in 'n ry op dates was met luukse aandetes en Broadway-vertonings daarna. Dit was makliker tye vir ons verhouding.

    {Roedolf}
    Read more