• Vander Wonders
  • Vander Wonders

Noord kus 2024

Vander Wondersによる30日間のアドベンチャー もっと詳しく
  • Willards bay

    2024年12月22日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 28 °C

    Ons probeer die strand net omdat ons nog nie hier was nie, maar dis die teenoorgestelde van Christmas Bay. Dit voel asof die hele Ballito hier is, met ’n kampterrein op die strand en een gazebo na die ander tot reg teen die water.

    Die swem hier is egter heerlik—lekker golwe, en Boeta geniet sy boogieboard so baie dat hy dit middeldeur breek.

    {Roedolf}
    もっと詳しく

  • Waterberry

    2024年12月24日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 23 °C

    Nog ’n lekker vroeë oggend met Isabel wat om 5:00 ’n 21 km gaan draf.

    Ons gaan uiteindelik ontbyt eet by Waterberry Coffee Shop. Die ontbyt is ongelooflik lekker, maar die kaaskoek is so lekker dat dit amper sondig is. Ek’s bly ons het dit nie vroeër gedoen nie, want ons sou heel waarskynlik weer en weer wou teruggaan vir die kaaskoek.

    {Roedolf}
    もっと詳しく

  • Prince’s Grant

    2024年12月24日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 25 °C

    Dit bly een van my gunsteling-bane in Suid-Afrika—pragtig en uitdagend.

    Die baan herinner my nogal aan Bermuda-bane, en dit laat my dink aan een van die redes waarom ons besluit het om Bermuda te verlaat: sodat ek nog gholf saam met my pa kan speel. Ek geniet dit steeds om die voorreg te hê om die spel met hom te kan deel. Ek hoop regtig ek en Franco kan dit ook eendag doen.

    Dit was ook lekker om tyd saam met Hank en sy broer deur te bring. Ajee Valentine loop ons ná die tyd by die klubhuis raak.

    Ek sal regtig graag hier wil kom vakansie hou.

    {Roedolf}
    もっと詳しく

  • 26 Des

    2024年12月26日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 27 °C

    Ons het ‘n lekker rustige laaste dag, na my draffie is ons gou Willards toe vir ‘n vroeë oggend swem. Ek maak french toast vir brunch en al die outjies lê weg ek maas met rogbrood, witbrood en bruinbrood party eet net tamatiesous en kaas op en ek doen gourmet met maaskaas, bacon, heuning en piesang.

    Toe Bobo en Martie in die Uber hop het ons lekker by die swembad gaan swem met die kids, Franco is sy energieke self en Maya geniet ook die water. Ons vat al 4 ‘ n killer middagslapie.

    Ons stap laatmiddag na Shaka’s rock wat oor Thompsons kyk , dit is duidelik die volk het daar toegesak as jy na die rommel kyk, almal pak op ons is bly ons het die strand geskip. Die uitsig is pragtig.

    {Issy}
    もっと詳しく

  • 旅行の終了
    2025年1月5日