FindPenguins
  • Home
  • Esplora
    • Scarica l'app
    • Iscriviti
    • Accedi
    • Scarica l'app
    • Accedi
    • Home
    • Stampa un libro
    • Esplora
    • Assistenza
    • Seguici
  • Iscriviti
Mostra sulla mappa
  • Marise MalherbeKanada en Alaska 2018Marise Malherbe
    • Mostra viaggio
    • Aggiungi alla lista dei desideriRimuovi dalla lista dei desideri
    • Condividi
    • Giorno 15
    • giovedì 6 settembre 2018
    • ☀️ 17 °C
    • Altitudine: 44 m
    • CanadaButchart Cove48°33’49” N  123°28’14” W

    Victoria en Butchart gardens

    6 settembre 2018, Canada ⋅ ☀️ 17 °C

    Ons het direk van die Noordpool af lughawe toe gery (mens kan nie 2 vlugte in een vakansie mis nie). Arme ouma het niks geslaap behalwe die bietjie op die bus gisteraand nie, maar sy sit mos sommer net so regop en dan sak die kop vooroor en sy slaap rustig. Ons het toe Victoria toe gevlieg, waar Bets ons kom haal het en Butchart gardens toe gevat het. Dit was iemand se tuine en word nou in stand gehou deur 'n kommittee. Daar is soveel detail, water, kleur en verskeidenheid, dis eintlik oorweldigend. Ons het toe na Chrissa se werk gegaan waar ons wyn (in ouma se geval, pynappel gegeurde sodawater) geproe het. Sy is mal oor haar werk en doen baie goed. Ons het toe vir Cordel en Matthew by die skool gaan oplaai en gaan kyk hoe Matt sokker oefen. Ons is toe huis toe waar Paul vir ons Giouvetsi gemaak het vir aandete (hoogtepunt, want dis my gunsteling).Leggi altro

    Guarda la traduzione
    2 mi piace
     
Mostra viaggio
  • 2025© FindPenguins
  • Home
  • Chi siamo
  • Rilevamento di gruppo
  • Stampa
  • Termini
  • Privacy & Cookies
  • Centro assistenza
  • Nota tipografica
  • Seguici