Satellite
Show on map
  • Day 9

    Tel Aviv en terug na SA

    October 10, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 27 °C

    Ons het vroegoggend gestap markie toe, na ek vir die eerste keer ontbyt geëet het. By die markie het ons gesoek vir 'n hoodie vir Linda, maar meeste goed was nog toe. Ons gaan drink toe 'n lemonade met mint (mens kry dit oral en sommiges is lekkerder as ander) terwyl ons wag dat die plekke oopmaak, maar dit het te laat oopgemaak so ons stap toe terug, want die bus tel ons 10:00 op.
    Oom Yosef was weer voor die hostel so ek het hom vir oulaas gegroet, en toe ry ons almal Tel Aviv toe. Oom Gerrie was soos 'n celeb, want dis die eerste keer dat almal hom weer sien en hy het almal 'n drukkie gegee en in die bus op en af geloop en sy storie vir almal vertel.
    In Tel Aviv het ons vir 'n rukkie rondgeloop en toe gaan eet by 'n restaurantjie, vir oulaas almal saam. Hulle het vir almal 'awards' gegee - ek het die 'ons toer nooit weer sonder jou nie award' gekry. Dit was baie oulik.
    Daarna is ons terug bus toe en toe lughawe toe. By die lughawe het ons nog bietjie gesels en toe deurgegaan. Ek kom toe in die ry waar hulle letterlik elke liewe sakkie oopmaak en alles uitpak.
    By Istanbul het ons rondgewandel in die winkeltjies en amper vir Eleanor verloor. Sy het darem betyds daar aangekom en almal is veilig tot in Suid-Afrika. Oom Gerrie is direk kardioloog toe (Wilhelm het met sy suster gereël om hom te sien en sy het gesê hy moet sommer 13:00 kom by Wilgers) waar hy in ICU opgeneem is en sy hartomleiding op 20 Oktober gedoen word.
    Read more