Israel 2022

October 2022
A 11-day adventure by Marise Read more
  • 9footprints
  • 2countries
  • 11days
  • 90photos
  • 0videos
  • 372kilometers
  • Day 1

    Johannesburg na Tel Aviv

    October 2, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 29 °C

    Ek het Vrydagaand deurnag gewerk en dit was baie besig so ek het nie geslaap nie, maar gelukkig het Wilhelm op kort kennisgewing besluit om saam met my Johannesburg toe te ry. Ons het vir Pikkie-hulle opgelaai en Wilhelm afgelaai en toe lughawe toe gery. Dit was baie vreemd om nie rond te jaag en stres omdat my visa nog nie reg is nie, haha.
    Ons het gevlieg tot in Turkye. Hulle het 'n baie nice lounge.
    Van daar het ons Tel Aviv toe gevlieg. Ek het min op die vliegtuie geslaap en was lekker moeg toe ons hier aankom. Ian het gewag vir almal van die groep sodat ons met die bus kan ry tot by die Hostel (Spot Hostel), maar toe ek deur is sien ek daar is nog iemand in ons groep se tasse op die belt. Dit was oom Gerrie s'n en sy foon was nie op die wifi gekoppel nie so ons kon hom nie in die hande kry nie. Oom Gerrie is 'n dominee, wat eintlik 'n doktor ook is. Ian het almal anders solank hostel toe gestuur, maar ek het aan die arrivals kant gebly sodat iemand darem binne is om met Ian kontak te hou buite, omdat oom Gerrie se foon nie aan was nie. Uiteindelik het ek toe vir oom Gerrie opgespoor, maar hy het 'n vermiste pakkie gehad, wat hulle opgespoor het, maar sal aflaai by die hostel binne 3 dae. Na al die admin is ons toe uit, 3ure na ons geland het, maar het die bus gemis so ons moes vir nog amper 'n uur wag, so ons kry sommer middagete en trek geld terwyl ons wag. En ek het 'n simkaart gekry. Dis die een ding wat ek nou uit ondervinding geleer het... spandeer die geld en kry net 'n simkaart. Dit maak als makliker.
    By die hostel moes ons nog 20 min wag voor ons kon incheck. Na ons ingecheck het vat ek 'n uur nap (eintlik 7 ure). Ek wou so graag die sonsondergang oor die see kyk, maar 22:00 is die son om een of ander rede al klaar onder. Ons ry more Tiberias toe so ek besluit toe ek moet maar Tel Aviv in die aand gaan explore. Tel Aviv is gelukkig bekend vir sy naglewe. Ek het 'n Tier scootertjie gekry, soos in Europa, en teen die promenade afgery tot in Jaffa. Langs die pad het ek eers 'n Gelato roomys geëet by die see, maar oral langs die see staan swem is verbode. Die see lyk baie rustig hier so ek weet nie hoekom mens nie mag swem nie. Daar is 'n hele paar beach libraries langs die see en oral langs die strande speel mense volleyball, selfs 00:00 in die aand. Kort-kort ruik mens dagga, maar darem minder as in Amsterdam.
    In Jaffa kry ek koeldrank en 'n sambousak om te eet en sit langs die straat op 'n bankie met my 'aandete' wat eintlik baie vroeg oggendete is. Ek ry toe deur die woonbuurt terug en ry verder noord.
    Noord van die port, langs die promenade is daar minder winkeltjies so daar is ook minder mense. Daar is 'n groot deel waar die see aan die een kant, en woestynerige grond en bossies aan die anderkant is. Mens hoor net die see en krieke en dit ruik so lekker vars. Ek ry toe meer in die woonbuurt in en ry so deur terug tot by die hostel.
    My aircon het so lekker gewerk vanmiddag, maar dit werk nie nou nie, so ek gaan maar n kouer stort vang en slaap, want dis amper 03:00 en die bus kry ons 06:30.
    Read more

  • Day 2

    Caesarea en mount Karmel

    October 3, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 34 °C

    Ek het amper verslaap (ok, ek het. Ek het 06:23 wakker geword en moes 06:30 daar wees.) Daar was darem iemand wat meer verslaap het en later as ek was.
    Ons ry toe na Caeserea met 'n toerbus en gids. Die gids vertel vir ons langs die pad al die interessante goed van die omgewing, insluitende dat 'n woonstelletjie in Tel Aviv so $ 1 000 000 kos. Dis basies R 18 miljoen. Die goeie ding van Tel Aviv is dat almal saamwerk om die stad skoon te hou, selfs die voëls vlieg glo onderstebo. Hy vertel ons toe ook dat daar 'n bankroof was in Tel Aviv en die mense met gewere aangehou is. Toe hulle klaar is vra hy vir 'n man of hy gesien het dat die roof plaasgevind het. Die man sê ja en die rower skiet hom. Hy vra toe nog iemand en hy sê ook ja en word geskiet. Hy vra toe 'n derde ou. Die ou sê: "nee, maar my vrou het." Daarsy... daar is die toergrappie vir die dag.
    In elk geval... in Caeserea (waar Paulus en Pontius Pilates gebly het, en ook Herodus die Grote) het ons na die paleis van Herodus gaan kyk, wat 'n wonderwerk vir die tyd was. Dit was die eerste hawe wat gebou is waar daar nie 'n natuurlike baai is nie. Herodus se vrou, en later sy seuns, het beplan om hom dood te maak, maar hy het elke keer uitgevind en hulle laat doodmaak. Shame.
    Caeserea is die duurste area in Israel naas Tel Aviv, en het die enigste gholfbaan in Israel.
    Die arena in Caeserea is net gebruik vir drama omdat dit net in 'n halfmaan gebou is. Die onderste uitgange is gebruik vir die ryk mens, en die boonste uitgange is vir die armer mense gewees. Hulle het dit vomitorium genoem, want as die vertoning verby is 'vomit' die arena die mense uit.
    Dis als gebou met plaaslike sandsteen, maar sandsteen is nou beskermd in Israel, so mens kan dit nie net kap en gebruik nie.
    'n Doodskis is sekofekus genoem, wat beteken 'body eater'. Die jode het nie dadelik die lyke begrawe nie, maar 'gestoor' tot daar net bene oor is en dit dan begrawe. Hulle begrafplase is baie groot.
    Daar is baie piesangbome by Caeserea, en klomp mango en olyfbome op ander plekke. Landbou is baie belangrik in Israel en hulle het ook die drupstelsel ontwerp. Oppad na berg Karmel is 'n woud wat mensgemaak is. Daar is 'n organisasie wat geld skenk vir bome in Israel. Daar is reeds meer as 200 miljoen bome met die hand geplant.
    Karmel berg se naam is opgemaak uit 2 woorde - 'ka' en 'el' wat onderskeidelik beteken vineyard en God. Dit is waar die 450 baal profete doodgemaak is. Dit kyk basies uit oor die area waar die hele ou testament afspeel. Dit kyk onder andere uit oor Armageddon, wat baie gereeld in oorlog was. Daar is al 24 lae van stede opgegrawe.
    Daar bly 'n klomp mense wat aan die Druze geloof behoort, wat 'n geheime geloof is. Niemand kan hulle 'Bybel' kry of weet wat daarin staan tensy jy aan die geloof behoort nie. Hulle het ook kos wat eie is aan hulle.
    As mens uitkyk van berg Karmel af, is daar 'n landingstrook wat deur die weermag gebruik word vir vegvliegtuie. Die vliegtuie kan binne 3 minute in Sirië of Lebanon wees vandat hulle opstyg. Mens sien en hoor hulle heeltyd as jy op die berg is.
    Ons het deur Haifi gery oppad na Tiberias en gestop by die tuine van Baha'i. Dis 'n nuwe geloof wat gebasseer is op liefde, skoonheid en goeie dade. Die tuine is besonders.
    Ons het toe omtrent 'n uur gery na Tiberias, waar almal in Tiberias hostel bly. Daar was per ongeluk 'n kamer te min bespreek so toe sou Eleanor by 'n ander hotel gaan bly en sy wou nie oortuig word dat iemand anders daar gaan bly nie. Ek en Amorie en Ian het toe klein bietjie gejok. Ek het my goed uit my kamer gaan haal en hulle het vir Eleanor gesê daar was 'n fout, daar is 'n kamer vir haar. Ek het toe by die ander hotel gaan bly, met 'n sea view, want ek het 'n simkaart en ek het darem al so een of twee keer getravel. Sy kom van 'n klein dorpie af en hulle het haar reeds die eerste dag een keer op die bus verloor, haha. Dis ook sy wat verslaap het vanoggend, hahaha.
    More is Yom Kippur. Dis glo die superbowl van sabbatdae, volgens Chris, so alles is toe en mens moet al jou kos vir die volgende twee dae basies uitsorteer. Ek het op 'n scootertjie mall toe gery, maar daar is nie rerig kosplekke, behalwe take aways nie. En al die roltrappe gaan op, so ek is toe stuck op die boonste vloer, tot ek uiteindelik die hyser gekry het en afgegaan het. Ek en my scootertjie mission toe maar terug en langs die see af (die see van Galilea) en loop rond deur die markies en gaan eet vis en chips by 'n restaurantjie. Dis nie baie lekker vis nie, maar dis vars en kom uit die see van Galilea (wel, in my brein doen dit, maar mees waarskynlik doen dit regtig), so mens moet dit eet.
    Ek is toe hotel toe en het basies dadelik aan die slaap geraak (na my 3de stort vir die dag). Dis baie warm en bedompig, maar dankie tog vir aircon.
    Read more

  • Day 3

    See van Galilea, Kapernaum, ens.

    October 4, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 33 °C

    Ons het die oggend bymekaar gekom en bus toe gegaan, wat ons na die plek gevat het waar ons die bootjies moes kry om op die see van Galilea uit te vaar. Die bootjies is gebou in replika van hoe dit in Jesus se tyd gelyk het. Galilea is eintlik 'n meer en die see was seepglad, maar die berge rondom die see vorm 'n natuurlike tregter en dit veroorsaak die golwe in 'n storm. Dis 'n ongelooflike ervaring om so op die see van Galilea uit te vaar, letterlik waar Jesus die storm stilgemaak het.
    Daar is ook 'n boot wat omtrent 2000 jaar gelede gesink het, wat ontdek is, maar dit was nog nie oop om daarna te kyk toe ons daar was nie.
    Die see van Galilea se watervlak daal (en ook die Dooie see s'n) omdat mense letterlik met tyd die water opdrink.
    Die bootjie het geseil tot by Kapernaum nasionale park (dis nie dieselfde plek as waar Jesus gebly het nie). Ons het toe na die Berg van Saligsprekinge gegaan, waar doktor Theuns vir ons dit gelees het uit die Bybel en bietjie verduidelik het. Die deel waar mense gesit het teen die berg, wat 'n natuurlike amfiteater maak, het gebrand en daar is nou klomp piesangs geplant, want die Jode het geen erg aan Christen goed nie. Chris sê hulle het 'n vorige keer afgeloop en getoets, mens kan als hoor as iemand van onder af staan en praat.
    Van hier af gaan ons na Kapernaum, waar Jesus gebly het. Daar is 'n kerk gebou, met glasvloere, bo die oorblyfsels/uitgrawings van Petrus se skoonma se huis, waar hulle die verlamde man deur die dak laat sak het. Chris sê mens wonder hoe het Petrus se ma gevoel oor al die mense in haar klein huisie en die volgende oomblik breek hulle die dak oop en dis net stof en modder oral, want die dakke is van riete en modder gemaak daai tyd. Iemand in die bus vra, toe ons nog oppad is, hoe weet ons waar is Petrus se skoonma se huis. Iemand anders sê toe: "kyk net vir die stukkende dak."
    Toe ons daar aankom het ons eers almal gaan sit en uitkyk oor die see van Galilea (in die koelte - die plek is BAIE warm) terwyl Chris vir ons verduidelik. Hy lees toe 'n stukkie oor die apostels en verduidelik hulle karakters. Levi was 'n tollenaar en almal het tollenaars gehaat, want hulle het vir die romeine gewerk, maar ook vir hulleself ekstra geld ingesamel, so die volk het gevoel hulle buit hulle eie volk uit. Die romeine het hulle gehaat want hulle was jode, so al wie hulle vriende was was ander tollenaars. Petrus was 'n visserman, maar hy het 'n redelike wisselvallige, passievolle geaardheid gehad. Johannes en Jakobus was baie humeurig. Ens. So Jesus het 12 'misfits' gevat om sy apostels te maak. Hulle sê, van die geaardhede, Paulus was 'n dopper en Petrus beslis 'n charismaat.
    Omdat Yom Kippur vanaand begin tot môreaand gaan die paaie more gesluit wees en mense gooi letterlik die karre met klippe, want niks wat vuur maak mag gebruik word op Yom Kippur nie. Ons kan dus nie more Nazareth toe gaan nie, so ons planne verander toe en ons gaan dadelik Nazareth toe. Ons ry toe net verby tabga, waar Jesus die broodjies en vissies vermeerder het.
    In Nazareth is ons na die kerk van aankondiging, waar hulle vermoed die area is waar die engel aan Maria verskyn het om vir haar te sê sy is swanger. Dis 'n baie mooi kerk. Nazareth is op 'n ashoop gebou, en dis ook hoekom Nathanael in die Bybel vra: "kan enigiets goed van Nazareth kom?"
    Ons mis obviously die trippie na Nazareth village, waar hulle vir mens wys hoe hulle in daai tyd gelewe het. Nazareth bly redelik oop tydens Yom Kippur want dis hoofsaaklik moslems en christene wat daar bly, maar ons gaan nie daar kan uitkom nie.
    Oppad terug stop ons in Kana, waar Jesus die water in wyn verander het. Ons stap toe na die kerk toe waar hulle vermoed dit gebeur het (Chris sê hulle kan nie rerig enige van hierdie plekke presies pinpoint nie, maar dis min of meer waar hulle vermoed dit gebeur het).
    Van daar af het ons teruggegaan Tiberias toe en almal het 'n bietjie gaan rus en mekaar vroegaand by die 'strand' (dis net klippe) gekry om aandete saam te eet en te swem. Die water is so lekker warm en helder. Meeste mense is al weg, toe daar 'n Afrikaanse gesin aankom met hulle kinders. Ons begin gesels en kom toe agter dis Chris se niggie. Ons vat hulle toe saam terug herberg toe en kuier op die dak tot laataand.
    Yom Kippur maak alles doodstil. Als is toe. Letterlik alles. Niks voertuie mag ry nie, die ATMs werk nie, die scootertjies werk nie, selfs die TV sê dis Yom Kippur.
    Read more

  • Day 4

    Yom kippur en die ambulans

    October 5, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 33 °C

    Ons het lekker laat geslaap en so 09:30 begin stap in Tiberias. Vandag was 'n rustige dag, want ALS is nog toe agv Yom kippur. Dis dooooodstil en als is verlate.
    Ons het eers gestap na Crusader Fortress, wat oorblyfsels van 'n kasteel is. Die soldate (krygsmanne - crusaders) was almal oppad na 'n ander geveg toe die prinses laat weet hulle moet terugkom want hulle is omring deur Saladin (of so iets... my geskiedenis is baie feitelik hier). Haar man sê toe hulle moet aangaan en nie terugdraai nie, maar die hoof van die leër besluit toe dat hulle moet terugdraai en die 'fortress' gaan beskerm. Hulle het nie genoeg water gehad nie en het gedehidreer en is toe almal doodgemaak in die geveg.
    Van daar het ons gestap na die Scots Hotel. Dit is aanvanklik begin as 'n hospitaal en later 'n kraam hospitaal en nou is dit 'n hotel. Daar is baie geskiedenis aan, maar ek kan nie als onthou nie, behalwe dat die hospitaal almal wou help, ongeag geloof of ras of enigiets.
    Ons is toe af na die Suidelike muur van die stad, wat deur storms verwoes is, maar daar is nog stukke wat staande is. Als Suid van die muur is nuwer ontwikkeling. Ons het toe teruggegaan en 'n middagslapie gaan vang (meer soos 'n middagslaap want ek het tot omtrent 16:00 geslaap, maar dis mos vakansie).
    Die res het toe in die see gaan swem, maar ek het eers 19:00 na hulle toe gegaan. Dit was die een oomblik nog doodstil en die volgende oomblik was daar karre en mense oral. Ons het afgestap promenade toe en wou langs die pad kos koop, want ons het gedink die winkels sal dan al oop wees. Die winkels maak toe eers omtrent 'n uur later oop, maar 'n ou wat sy deur oopgemaak het het gesê hy sal ons help, so ons koop toe klomp chips, roomys en koeldrank en gaan sit op die promenade en eet saam, terwyl Chris vir almal wyn in glasies gee en ons oor die laaste paar dae reflect. Doret voer die katte (daar is 'n hele paar rondloper katte), en oom Gerrie sê sy moenie die katte voer nie. Sy sê toe vir oom Gerrie: "hulle eet darem al self".
    Ons stap toe terug en besluit ons wil gin gaan drink by 'n restaurantjie. Ons besluit toe sommer om te eet ook. En soos almal verbykom raak ons tafel al groter. Die mense is baie snaaks en ons kuier lekker.
    Oppad terug, toe ek amper by my hotel is, bel Amorie en sê oom Gerrie sweet en voel benoud en het drukking op sy bors. Ek gaan toe soontoe en Betsie, die ander dr, is darem reeds daar. Ons gee toe vir hom 'n ativan, want hy is maar angstig. Chris het 'n bloeddruk meter wat wys dat oom Gerrie se bloeddruk baie hoog en sy pols laag is. Ek stap toe af ambulansstasie toe, want ons kan nie 'n EKG of enigiets doen nie, so ek en die ambulans gaan toe herberg toe en die EKG wys dat hy 'n hartaanval het. Ek en die ambulans en oom Gerrie piekel toe hospitaal toe waar hulle 'n angiogram doen en stent insit en hy moet vir 3 dae in die hospitaal bly. Almal sê heeltyd dis 'n baie goeie hart hospitaal, so oom Gerrie is in goeie hande. Hy is rustig en voel baie beter na die stent. Die sekuriteit bel vir my 'n taxi terug hotel toe en nou gaan ek slaap.
    Read more

  • Day 5

    Die pad na Jerusalem

    October 6, 2022 in Palestine ⋅ ☀️ 27 °C

    Ons het via die hospitaal gery om oom Gerrie se goed te gaan uitsorteer, wat toe redelik lank vat. Oom Gerrie lyk darem baie goed. Die res van die groep gaan solank Jordaan rivier toe terwyl ek die admin doen en ek en Chris ry toe met 'n taxi tot by die groep.
    By die Jordaan gaan sit ek vinnig my voete in die water. Dis baie mooi skoon, maar die vissies kom hap jou tone.
    Van die Jordaan af ry ons na Jerigo, die oudste stad in die wêreld, wat ook die palm stad genoem word. Daar is regtig BAIE palms. En hulle dadels in amazing. Jerigo is 'n palestynse stad. Dit is deur Mark Anthony aan Clepoatra gegee as geskenk. Langs die pad is borde wat Israeli's waarsku dat as hulle lewens in gevaar is as hulle die gebied betree. Ek dink anderkantoe ook, maar ek het dit nie gesien nie.
    Die omgewing begin meer woestyn raak en oral langs die pad is klein informele nedersettings waar skaapwagters bly, ens. Daar is ook oral in die berge grotte.
    In Jerigo gaan ons na die berg van versoeking en ook die boom waarin Saggeus geklim het (alhoewel dit baie onwaarskynlik is dat die presiese boom is, maar eerder 'n soortgelyk boom). Dit was baie ongewoon vir 'n man om in 'n boom te geklim het daardie tyd, omdat hulle nie onderklere gedra het nie.
    Van daar is ons na die herdersvlakte by Bethlehem, waar die herders in grotte gebly het en na hulle skape omgesien het. Dit is hier waar die engel vir hulle gesê het van Jesus se geboorte. Daar is 'n klein winkeltjie wat klomp nativity scenes uit olyfhout het. Die grootste een kos meer as R 400 000.
    Ons is toe Jerusalem toe, maar het eers verby 'n muur gery waarop Banksy geverf het. Niemand weet nog verseker wie Banksy is nie, maar hy verf oral oor die wêreld op mure, anoniem, met 'n bietjie van 'n politieke ondertoon.
    Ek, Eleanor en Theuns het gaan aandete eet by die shuk. Dis 'n groot Joodse mark. Ons het by 'n smokehouse geëet. Bitter lekker gerookte vleis. Oppad terug het ons roomys gekry en ek wou toe nog deur die shuk loop. Eleanor wou toe saamkom, so ons loop toe nog rond en kom af op 'n tent waar klomp jode palm takke en, wat lyk soos suurlemoene, koop. Hulle ondersoek dit eers baie goed en kies dan een uit. Ons vind toe uit dis vir sukkot. Nóg 'n vakansiedag Maandag.
    Ek en Eleanor dwaal verder deur die strate en deur die joodse woongebied en oral is almal druk besig met goed, al is dit 00:00. Party huise het sulke houthuisies met seile wat aangebou word. Dit word 'n sukkah genoem en word binne versier. Dis ook vir sukkot. Hulle moet vir 'n week lank daarin eet en party mense bly daarin. Dis om die uittog uit Egipte te herdenk en hoe hulle in tydelike skuilings gebly het vir daai tydperk. Hulle maak ook 'n lulav. Dis 'n klomp takke wat saamgevleg word - 1 palm, 2 wilger en 3 mirte. Dit word dan in een hand gehou, en 'n 'etrog' (die suurlemoenerige ding) in die ander en dit word dan in verskillende rigtings beweeg terwyl hulle bid. Dit verteenwoordig sekere dele van 'n mens.
    Ons dwaal toe terug tot by ons hostel en klim so net voor 02:00 in die bed.
    Read more

  • Day 6

    Getsemane, olyfberg, ens

    October 7, 2022 in Palestine ⋅ ⛅ 21 °C

    Ons het die oggend begin deur langs die stadsmuur af te stap na die tuin van Getsemane, waar ons 'n spesiale vergunning gekry het om in die deel van die tuin te gaan wat nie oop is vir die publiek nie. Theuns het daar vir ons gelees en vertel van die tyd van Jesus se kruisiging in Getsemane. Ons het toe ook deur die deel gestap wat oop is vir die publiek, waar die olyfbome omtrent 2000 jaar oud is en massiewe dik stamme het. Daar is 'n kerkie in die tuin, Church of all Nations, waarin ons toe gesing het.
    Daarna is ons op na Olyfberg, wat gebruik word as 'n Joodse begrafplaas, met meer as 150 000 grafte. Hulle sit klippies op die grafstene ipv blomme, soos ons. Dit word vermoed dat Jesus van hier opgevaar het na die hemel. Dis vrek steil om daar op te loop.
    Hulle sê ook dis waarheen Dawid gevlug het vir Absalon.
    Van daar is ons na St Peter in Gallicunto. Dis 'n kerk of Zion berg en Gallicunto beteken 'haan wat kraai'. Dit is waar die huis van Kajafas was, waar Jesus verhoor is vir die kruisiging. Daar is 'n put waar hulle Jesus gegooi het terwyl hulle besig was met die verhoor.
    Die res van die middag het ons deur die markies gedwaal en toe het ek en Linda en Adelene iets gaan eet by 'n burger plek.
    Shabbat begin op Vrydagaand so dis weer stil en al die plekke is toe, behalwe die Christen en moslem areas. Oral sien mens Jode loop vroegaand. Hulle loop altyd en hulle loop so vinnig.
    Almal het bietjie later die aand by Abrahams hostel (waar van ons gebly het) se kuier area bymekaar gekom en ons het net lekker almal saamgekuier. My steps was amper die meeste, so ek besluit toe om saam met die laaste mense na Palms hostel te stap, want ek moes die steps wen - 32 922.
    Read more

  • Day 7

    Via delorosa, die opstanding, ens

    October 8, 2022 in Palestine ⋅ ⛅ 21 °C

    Ons het die dag begin deur te stap na die Klaagmuur (wailing wall of western wall). Dit is waar 'n stukkie muur van die ou tempel nog staan. Daar is 'n moskee gebou waar die ou tempel was en dit veroorsaak baie wrywing. Daar is glo planne opgetrek en als is reg om die tempel te herbou as die jode weer die grond terugkry.
    Hulle gaan na die muur en bid en na die muur toe. Dis ook hoekom hulle swart dra... hulle is in rou omdat die tempel nog nie herbou is nie. Die mans dra wit by die klaagmuur. As hulle wegloop van die muur af loop hulle agteruit en bly kyk na die muur se kant toe. Voor hulle na die klaagmuur gaan, was hulle eers hulle hande en gesig by die fontein by die ingang.
    Van die klaagmuur af is ons na bad van Bethesda, waar Jesus vir die kruppel man gesê het om op te staan en te loop. Ons het toe in die kerkie gesing. Dit was baie mooi. Ja, ja, ek het nie hard gesing nie, dis hoekom dit mooi was.
    Ons het ingegaan by die 'Church of condemnation', waar Pilates Jesus oorgegee het aan die skare.
    Van daar het ons die Via Dolorosa gaan stap. Dis die pad wat Jesus gestap het na die kruis toe. Daar is 10 stasies langs die pad waar merkwaardige goed gebeur het, bv waar Jesus geval het, ens. Die pad loop deur die markie en dis baie besig en raserig, maar ek glo dit was so raserig met die kruisiging ook, want hulle het heeltyd geskree en gespot.
    Ons het by die 'Church of the holy Sepulchre' geëindig, wat op Golgota gebou is. Dit word besit deur 7 denominasies en die sleutels word deur 'n moslem gesin gehou wat oorgedra word van geslag tot geslag om die vrede van die kerk te behou. Dit vat baie lank om besluite te neem oor die kerk, omdat daar so baie rolspelers is. Daar is bv 'n leer wat al omtrent 100 jaar onder een van die vensters staan.
    Die kerk is baie groot en 'flashy' en daar is 'n deel wat hulle beweer die graf van Jesus is, maar Chris sê die 'Tuingraf' is meer waarskynlik die regte plek waar Jesus begrawe is. Ons het tot onder in die kerk geloop, waar mens basies tussen die rotse sit, en Theuns het vir ons gelees uit die Bybel en Chris het vir ons die goed verduidelik. Daar is ook 'n klip in die kerk waar hulle sê Jesus op gelê het. Klomp mense buig en bid by die klip.
    Ons het toe gestap na waar die tuingraf is, waar 'n oom uit Engeland vir ons verduidelik het van die graf en die berg. Ons het daar gesit en nagmaal gebruik.
    Daarna het 'n klomp van ons gaan middagete eet by 'n restaurantjie en 'n paar van ons het op die ou stadmuur om Jerusalem gaan loop. Toe ons wou afklim is die uitgang gesluit. Gelukkig het van die plaaslike mense gesien ons is vasgevang en die man wat die sleutel het gaan roep. Ek loop toe deur die markie terug hostel toe en loop vir Frankie en Mari raak! Ek vra toe vir Chris of ek hulle kan saamnooi Masada en Dooie see toe die volgende dag en hy sê dis reg. Hulle bly toevallig in dieselfde hostel as Ian-hulle en het in Tiberias ook in dieselfde hostel gebly, maar ek het hulle nooit gesien nie omdat ek nie daar gebly het nie. Klein wêreld.
    Die aand het die wat wou 'n ligvertoning in die stadsmuur by die 'Tower of David Museum' gaan kyk. Ek wou aanvanklik nie, maar weens omstandighede buite my beheer (FOMO) moes ek ook gaan. Dit was briljant. Hulle wys die lewe van Dawid teen die mure, maar dis soooo goed gedoen. Dis iets wat mens self moet beleef.
    Ons het net teruggestap en gaan slaap daarna.
    Read more

  • Day 8

    Masada, Qumran en Dooie see

    October 9, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 30 °C

    Die bus het ons opgetel by die Damascus hek, naby Palms hostel. Frankie en Mari het saamgekom en dit was so lekker om op te vang oppad.
    Ons het langs die dooie see gery tot by Masada. Ons moes net eers 'n gids langs die pad oplaai, want mens mag nie in die nasionale parke in Israel gaan sonder 'n gids nie, dan word mens beboet. Mens kan egter 'n 'silent guide' kry, wat nie rerig iets sê nie en net saamry. Ons het 'n silent guide gehad. Hy was nie silent nie. Hy was eintlik baie oulik en het heeltyd vir ons goed vertel met oorgawe. Ek het vir Chris gevra hoekom hy nie ook so entoesiasties is nie, haha, maar hy sê die man gaan hom moeg maak.
    By Masada het 'n paar mense die berg opgestap (dis malligheid), maar nie voordat Frankie eers sy waterbottel in die model van Masada in die middel laat val het en Frikkie (eintlik Pierre) dit moes red nadat sekuriteit toestemming gegee het nie. Die res van ons het kabelkar gery tot bo, meeste mense het dan afgestap en sommiges het met die kabelkar afgery ook. Dis baie ver af. Ons bene was lekker jellie aan die einde en dit was verskriklik warm.
    Masada is 'n stad wat Herodus die Grote bo-op die berg gebou (laat bou) het. Dit was baie 'grand' vir die tyd. Daar was paleise en plekke waar die werkers gebly het. Daar was amper 1000 mense wat op die berg gebly het.
    Masada is gebou om hulle veilig te hou. Die Romeine het probeer om Masada in te val, maar kon dit nie regkry vir 3 jaar nie. Hulle het eindelik 'n 'ramp' gebou en deur die muur gebreek. Die Jode in Masada wou nie weer in ballingskap geneem word nie en het besluit om almal 'selfmoord' te pleeg. Hulle het mekaar doodgemaak, siende dat dit verbode is om selfmoord te pleeg in die Joodse geloof. Die enigste mens wat homself sou doodmaak is die laaste persoon om lewendig te bly. Hulle het ook als afgebrand behalwe die kosstore, om te wys dat hulle nie dood is omdat hulle nie kos gehad het nie. Hulle is rebelle genoem.
    Die volgende oggend, toe die Romeine die stad binnekom, was almal dood behalwe vir 2 vroue en 5 kinders wat hulle in 'n 'cistern' gekry het, wat die storie vertel het. Die Romeine het als toe net so gelos.
    Met die opgrawings het hulle klomp skerwe van potte gekry met die mense se name op uitgekerf. Daar is 'n gesegde tussen die Jode wat lei 'Masada will not fall again', so hulle gaan nie weer oorgee nie.
    Van daar is ons na Qumran, waar hulle omtrent 900 van die oorspronklike skrifrolle ontdek het in omtrent 11 grotte - die dooie see rolle. Dit blyk of meeste van die rolle van voor 73 AD bestaan.
    Na Qumran is ons dooie see toe, waar ons in die see gedryf het en onsself vol modder gesmeer het. Die modder maak mens se vel so sag - daar is baie olie en minerale in. Mens kan letterlik loop in die dooie see sonder om die grond te raak want jy sak nie af nie. Die water is baie sout en as dit in mens se oë kom brand dit glo baie erg.
    Dit is die laagste plek op aarde, omtrent 400 meter onder seevlak. Dit het die hoogste sout konsentrasie van enige watermassa - omtrent 30% sout. Dit is egter besig om al kleiner te raak omdat mense dit begin opgebruik, maar ook omdat dit in so warm en droë area is en die water verdamp. Niks kan daarin lewe nie en dit vloei ook nêrens uit nie.
    Van die dooie see af is ons terug Jerusalem toe, waar ons vir oom Gerrie gewag het om van Tiberias terug te kom met die taxi. Ek het my bagasie gestoor in Theuns se kamer sodat oom Gerrie in my kamer kan bly vir die aand en ek sou in Palms gaan slaap in die kamer waar Linda-hulle gebly het voor hulle in oom Gerrie se kamer ingetrek het. Toe ons by Palms aankom het hulle die kamer uitverhuur, maar weier om die geld terug te gee. Niemand moet ooit by Palms gaan bly nie. Ooit. Ek het toe in 'n dorm kamer gaan slaap by Abrahams.
    Read more

  • Day 9

    Tel Aviv en terug na SA

    October 10, 2022 in Israel ⋅ ☀️ 27 °C

    Ons het vroegoggend gestap markie toe, na ek vir die eerste keer ontbyt geëet het. By die markie het ons gesoek vir 'n hoodie vir Linda, maar meeste goed was nog toe. Ons gaan drink toe 'n lemonade met mint (mens kry dit oral en sommiges is lekkerder as ander) terwyl ons wag dat die plekke oopmaak, maar dit het te laat oopgemaak so ons stap toe terug, want die bus tel ons 10:00 op.
    Oom Yosef was weer voor die hostel so ek het hom vir oulaas gegroet, en toe ry ons almal Tel Aviv toe. Oom Gerrie was soos 'n celeb, want dis die eerste keer dat almal hom weer sien en hy het almal 'n drukkie gegee en in die bus op en af geloop en sy storie vir almal vertel.
    In Tel Aviv het ons vir 'n rukkie rondgeloop en toe gaan eet by 'n restaurantjie, vir oulaas almal saam. Hulle het vir almal 'awards' gegee - ek het die 'ons toer nooit weer sonder jou nie award' gekry. Dit was baie oulik.
    Daarna is ons terug bus toe en toe lughawe toe. By die lughawe het ons nog bietjie gesels en toe deurgegaan. Ek kom toe in die ry waar hulle letterlik elke liewe sakkie oopmaak en alles uitpak.
    By Istanbul het ons rondgewandel in die winkeltjies en amper vir Eleanor verloor. Sy het darem betyds daar aangekom en almal is veilig tot in Suid-Afrika. Oom Gerrie is direk kardioloog toe (Wilhelm het met sy suster gereël om hom te sien en sy het gesê hy moet sommer 13:00 kom by Wilgers) waar hy in ICU opgeneem is en sy hartomleiding op 20 Oktober gedoen word.
    Read more