• Sneeu in Amstelveen

    January 5 in the Netherlands ⋅ ❄️ 1 °C

    5 uur maak Daniëlle my met die grootste smile wakker:"Tannie, dit sneeu!!! ". Ons 3 toeriste "storm " suutjies uit gepantser met serp en mus. Natuurlik was dit net ons op straat....maar dit was sprokiemooi. Later, baie later toe dit eers lig word na 9 uur, waag die toeriste weer buite na Broersepark waar ons gister was. O, my genade! Kan nie glo dit was dieselfde kleurvolle park van gister nie! Ons verkyk ons, neem foto's, gooi mekaar met sneeu en bou n pieklein sneeumannetjie! Ons harte is vol...Read more