Satelit
Tampilkan pada peta
  • Hari 1

    Reis na Krakow

    4 Mei, Polandia ⋅ ☀️ 24 °C

    Ek was te moeg om Johannesburg toe te ry na gisteraand se nagskof, so koop toe maar last minute n vliegkaartjie en Josh laai my af by die lughawe - dankie Josh.
    In Johannesburg kry ek vir Anri en ons gaan drink 'n super lekker melkskommel by Coffee & Cream. Daarna gaan check ons in, en gaan sit in die lounge (van al die Loungekey lounges bly Bidvest maar die beste) tot ons vlieg. Anri vlieg Emirates en ek Lufthansa, so ons paadjies skei vir eers.
    Ek sit in die middel in die middel - omdat ek mos nie die geld wou spandeer om 'n sitplek te bespreek nie - groot fout. Die fransman langs my begin sommer met 'n bier en vier glase rooiwyn. En dit was die positiefste ding van hom.
    Op Frankfort lughawe gaan ek rustig deur doane (ek is bly ek gaan hier deur, want hulle is aansienlik meer 'efficient' as enige ander Europese doane waar ek al deur is). Ek gaan eet toe heerlik 'fries' met parmesan en truffle naby my hek. Op die vliegtuig, het ons nog nie opgestyg nie, toe raak en aan die slaap - ek onthou ek het die begin van die veiligheidsvideo gekyk, maar ek onthou niks verder tot ek wakker word van die wiele wat neerstryk nie. Terwyl ek vir Anri-hulle wag gaan sorteer ek solank die kar uit en toe hulle uitkom prop ons al vier, met al ons tasse in die Citroën. Dit was iets om te aanskou (ek het dit aanskou) maar alles deel van die avontuur. Ons gaan soek toe Paul en Anica se hotel, maar hulle kan nog nie incheck nie. Reg oorkant die straat is 'n baie oulike restaurantjie reg langs die rivier. Mens bestel vleis of wors en braai dit dan self met sulke lang vurke. Baie lekker plek.
    Na dit gaan laai ons vir Paul en Anica af by hulle hotel en gelukkig word ons herinner ons is in Europa met reëls, want daar is 'n boete in die kar se venster. Als in Pools, maar iets van die parkering is nie betaal nie, iets iets. Daar is nie 'n parkeermeter nie so ek weet nie wat aangaan nie. Ons sal dit maar uitsorteer met die kar plek. Dink hoe vervelig sou dit wees as ons daar gekom het en als was soos ons dit gelos het...
    Van daar ry ek en Anri na ons verblyf toe. Mens stap deur 'n pretpark, langs die rivier af tot by 'n boothuis waarin ons gaan bly vir die aand - The Boat. Ons is albei uitgeput en vang 'n vinnige middagslapie (vinnige 5 ure). Ons skrik 22:00 wakker! Ons maak toe klaar en stap in die straat af op soek na aandete. Nie ver van ons boot af nie is Hala Forum. Dis 'n baie oulike plek met klomp kos stalletjies en oulike sitplekke buite langs die rivier. Baie soos 'n indoor market.
    Daarna het ons scootertjies gekry en toe Anri haar vrees oorkom het (nie dat ek haar veel van 'n keuse of baie tyd gegee het nie, soos my ma sal weet), het ons die stad platgery. Ons het begin by Wawel kasteel en van daar langs 'n park gery, verby 'n mooi kerk, langs die rivier af, oor 'n paar mooi brûe en toe terug na ons boothuisie, waar ons behoorlik uitgepass het. More moet ons vroeg opstaan om Gdansk toe te ry.
    Baca selengkapnya