• Dag 3: Antas toe!

    September 14, 2024 in Portugal ⋅ ☀️ 16 °C

    _Bom dia amigos!_ Vandag is ‘n lekker kort stapdag wat begin by die brug oor die Cavadorivier na die eerste dorp, Esposende. Verby die riviermond swaai die roete binneland toe en lei ons deur woonbuurte en klein dorpies vir die res van die dag. Die afstand is 14 km en ons eindpunt — Antas! Buen Camino!

    📸 *Langs die roete kyk ons uit vir:*
    - Church of Misericórdia
    - Moeder Kerk (Igreja da Matriz) van Esposende
    - Fort of São João Baptista (Esposende)
    - Church of São Miguel Arcanjo (Marinhas)
    - Chapel of São João (Monte)
    - Church of San Pedro (Belinho)
    - Chapel of Santo Amaro (Antas) met wasbeelde van ledemate wat gebruik is as offerhandes vir genesing van lyfkwale.
    Read more