• Dag 3: Antas

    September 14, 2024 in Portugal ⋅ 🌙 17 °C

    Esposende is die eerste stop op vandag se roete — ‘n groot, woelige dorp met prentjiemooi vleilande en spierwit strande. Van daar lei die geel Camino-pyle ons teen die heuwel op deur kronkelende keistraatjies. Op die stoepkafee kuier die manne van die buurt oor ‘n hele paar glasies port. 😉 Sononder sluit ons ‘n gemaklike 14 km stapdag af met pizza en wyn in die lieflike tuin van die gastehuis in Antas. Môre gaan blykbaar ‘n bulletjie wees!Read more