• Dag 4: Viana do Castelo

    15. september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 25 °C

    Dit was ‘n wonderlike stapdag — ja, wel met ‘n paar steiltes, maar niks wat ons nie kon hanteer nie 😉. By die Igreja Paroquial de Castelo do Neiva is die gewydheid van ‘n prosessie tydens die kerkdiens ‘n belewenis wat mens nie sommer gou sal vergeet nie. Ná die diens besoek kerkgangers hul geliefdes se grafkelders in die besonderse kerkhof en word hul grafte met druppels heilige water geseën. Die roete kronkel deur woude en al langs keisteenpaadjies. Ons eindig ons 19 km dag in die pragtige hawestad Viana do Castelo met die imposante Sanctuary of the Sacred Heart of Jesus-katedraal op die kop. ‘n Besondere Camino-dag.Læs mere