• Die eindpunt: Santiago de Compostela

    24 września 2024, Hiszpania ⋅ ☁️ 20 °C

    Ons is hier! Ná 240 km wat by Porto in Portugal begin het, het ons pas deur die poort van die Santiago de Compostela-katedraal ingestap, begelei deur die klanke van die doedelsak wat jou altyd hier verwelkom. ‘n Groot oomblik. Veral vir een van ons pelgrims wat reeds 60 jaar oor hierdie oomblik gedroom het. Wat ‘n voorreg dat ons groep dit saam met haar kon beleef! Môre wag die besondere botafumeiro-pelgrimsdiens in die katedraal. Czytaj więcej