• Fluit Fluit ons storie is uit.

    October 24, 2019 in Japan ⋅ ⛅ 17 °C

    Skielik is die einde hier. Dink nie ons kon enige iets ekstra ingepak het in die program nie. Dit was baie lekker en ek het so baie nuwe ervarings gehad. Japan is die definisie van 'n ander wêreld.

    Ons treat onsself weer met Wagyu ete! Dit is nou regte bederf kos en gepaste afsluiting vir ons besoek.

    More vroeg begin die lang reis huistoe.
    Read more