• Dag 39 - Calvinia na Papkuilsfontein

    February 23, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 3 °C

    Die blitsige manne by Calvinia se Supa Quick ruil gou ons band om, dan drink ons koffie, pos poskaarte en gooi tenks vol (toevallig saam met Kimberley-manne met die grootste bostreiler wat ons nog ooit gesien het...). Op pad na Papkuilsfontein stop ons by 'n monument wat die Anglo-Boereoorlog se finale neerlê van wapens (en opneem van die pen) herdenk. By Papkuilsfontein kom kuier die Klipwerforkes by ons - en die dag sluit af met musiek tussen die dassieklippe. Wat meer kan 'n ou vra?Read more