WegTydskrif

Weg verskaf gespesialiseerde suider-Afrikaanse inligting oor bekostigbare familievakansies, kampering, staproetes, fotografie, toerusting, kos en motors.
  • Oct29

    Dag 30 - Dewetsdorp

    October 29 in South Africa

    Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggie Jansen (voormalige Springbokrugbyspeler) terapie met kinders doen deur perde in te span. Kliniese sielkundige Stefan Burger vertel ons hoe dié skool kinders se lewens kan verander - en hy speel vir ons 'n liedjie oor die Vrystaat. Die skool se gumboot-dancers lewer 'n puik vertoning vir die kameras. Dan klink ons vir oulaas 'n glasie Rhebokskloof. Dankie aan almal wat ons padlangs ontvang en gehelp het. Dankie ook aan ons puik kameramanne, Christiaan Kritzinger en Louw Prinsloo. Weg Agterpaaie Vrystaat begin op 9 Janaurie 2019 op Via TV.

    Oornagplek: Die Wilgers, Jimmie Roos (29 Okt)
    Ashwood Guesthouse & Spa (30 Okt)

    Weg Agterpaaie Vrystaat is ondersteun deur lekkeslaap.co.za, Isuzu SA, Land Rover-slimfone en Rhebokskloof-wynlandgoed.
    Read more

  • Explore, what other travelers do in:
  • Oct28

    Dag 29 - Rosendal

    October 28 in South Africa

    Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdam om die episode af te sluit, dan gaan braai ons by Godfrey Hill. Sy hond, Misha, patrolleer die grondpad.

  • Oct27

    Dag 28 - Rosendal

    October 27 in South Africa

    Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam met die vriendelike Rosendallers, dié slag by Chris se Plek - sanger Herman van den Berg tree vanaand op by die Rosendal-teater. Dankie!

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal

  • Oct26

    Dag 27 - Ficksburg na Rosendal

    October 26 in South Africa

    Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars? En dat die pad na die Welgelegen-kersieplaas, en verder verby Slabberts na Rosendal een van die mooistes in die land is? En dat ons by Benjamin's in Rosendal verwelkom sou word met 'n langtafel-feesmaal?

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal.
    Read more

  • Oct24

    Dag 25 - Clarens

    October 24 in South Africa

    Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drink eerder net nog koffie...) Ons leer ook iets oor Basothokomberse en waarom hulle so belangrike rol in die Sotho-kultuur vervul. Dan verlaat ons Clarens en ry oor Fouriesburg na die gasteplaas Moolmanshoek.

    Oornagplek: Moolmanshoek
    Read more

  • Oct23

    Dag 24 - Clarens

    October 23 in South Africa

    Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer in die lug.

    Oornagplek: Mount Horeb Manor, Clarens

  • Oct22

    Dag 23 - Lindley

    October 22 in South Africa

    By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamel skaars Ford-modelle - ons ry saam met hom in sy 1966 Ford Cortina Mk 1 GT. Bradley Gibbons van die Endangered Wildlife Trust neem ons later die veld in, waar ons ouvolk soek (en kry). Net na sononder ry ons na Clarens.

    Oornagplek: Mt Horeb Manor, Clarens
    Read more

  • Oct21

    Dag 22 - Rusdag in Lindley

    October 21 in South Africa

    Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken. Tussendeur eet ons (weer) lekker - voorgereg vir middagete was skaapstertjies, en vroeër vanaand het ons wors gebraai.

    Oornagplek: Lindley-hotel

  • Oct20

    Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz

    October 20 in South Africa

    Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud, maar mooi. Ons slaap in Lindley, en môre is rusdag.

    Oornagplek: Lindley-hotel

Never miss updates of WegTydskrif with our app:

FindPenguins for iOS FindPenguins for Android