• Dag 41 - Na Verneukpan

    25 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 26 °C

    'n Wye draai is ons dag, van Willemsrivier (koel en mistig) na Loeriesfontein (dis droog, so droog) Brandvlei (beste lamsvleisburger by die Windpomprestaurant) na Swartkop (hier het dit onlangs gereën), dan hekoopmaak en Verneukpan lê voor ons oop, onder die voet en in die hart: die regte plek om ons 6-weke en 5000+ km Weg Agterpaaie Karoo-toer tot stilte te roep. Vanaand skiet die sterre vonke, en die braaivuur ook.Leia mais