• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Vrystaat

In die vierde reeks van Weg Agterpaaie ry joernaliste Sophia van Taak en Toast Coetzer deur die Vrystaat. Baca lagi
  • Dag 27 - Ficksburg na Rosendal

    26 Oktober 2018, Afrika Selatan ⋅ 🌙 18 °C

    Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars? En dat die pad na die Welgelegen-kersieplaas, en verder verby Slabberts na Rosendal een van die mooistes in die land is? En dat ons by Benjamin's in Rosendal verwelkom sou word met 'n langtafel-feesmaal?

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal.
    Baca lagi

  • Dag 28 - Rosendal

    27 Oktober 2018, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 18 °C

    Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam met die vriendelike Rosendallers, dié slag by Chris se Plek - sanger Herman van den Berg tree vanaand op by die Rosendal-teater. Dankie!

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal
    Baca lagi

  • Dag 29 - Rosendal

    28 Oktober 2018, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 18 °C

    Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdam om die episode af te sluit, dan gaan braai ons by Godfrey Hill. Sy hond, Misha, patrolleer die grondpad.Baca lagi

  • Dag 30 - Dewetsdorp

    29 Oktober 2018, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggie Jansen (voormalige Springbokrugbyspeler) terapie met kinders doen deur perde in te span. Kliniese sielkundige Stefan Burger vertel ons hoe dié skool kinders se lewens kan verander - en hy speel vir ons 'n liedjie oor die Vrystaat. Die skool se gumboot-dancers lewer 'n puik vertoning vir die kameras. Dan klink ons vir oulaas 'n glasie Rhebokskloof. Dankie aan almal wat ons padlangs ontvang en gehelp het. Dankie ook aan ons puik kameramanne, Christiaan Kritzinger en Louw Prinsloo. Weg Agterpaaie Vrystaat begin op 9 Janaurie 2019 op Via TV.

    Oornagplek: Die Wilgers, Jimmie Roos (29 Okt)
    Ashwood Guesthouse & Spa (30 Okt)

    Weg Agterpaaie Vrystaat is ondersteun deur lekkeslaap.co.za, Isuzu SA, Land Rover-slimfone en Rhebokskloof-wynlandgoed.
    Baca lagi