• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Vrystaat

In die vierde reeks van Weg Agterpaaie ry joernaliste Sophia van Taak en Toast Coetzer deur die Vrystaat. Leia mais
  • Dag 3 - Gariepdam

    2 de outubro de 2018, África do Sul ⋅ ⛅ 17 °C

    'n Damtoer by Gariepdam is een van dié doendinge hier rond: jy stap met trappe en gangetjies langs tot in die maag van die damwal. Ons was gelukkig: Waterwese se Joseph Alexander het 'n sliksluis vir ons oopgetrek! Later het ons ook by 'n blokhuis (wat omskep is in 'n woonhuis) en konsentrasiekampkerkhof naby Norvalspont gaan draai. Ons dag eindig - hoekom nie? - in 'n leë dorpswembad...

    Oornagplek: De Stijl-hotel
    Leia mais

  • Dag 2 - N1 na Kroonstad en Gariep

    1 de outubro de 2018, África do Sul ⋅ ⛅ 26 °C

    Douvoordag uit Johannesburg, N1 suid, tolhekke, en dan afdraai in Kroonstad om by Jukskeipark iets van dié sportsoort te leer (jy kort "balans, ritme en momentum"...) by van die land se top meestersspelers. Dan verder suid met die N1 (deur 'n los bui reën suid van Springfontein) tot in Gariep waar ons agterpaaie-draaie in erns begin. Vanaand slaap ons by die mooie De Stijl-hotel in Gariep. Daai uitsig!Leia mais

  • Inicio da viagem
    30 de setembro de 2018