• Niagra watervalle

    January 9, 2023 in the United States ⋅ ☀️ 9 °C

    Gister ons vlug van Chicago na Toronto met 1 minuut gemis... toe moet ons nog 6 ure wag om n volgende vlug na Toronto te kry. Dit het ons Niagra planne bietjie deurmekaar gekrap, siende ons die White Water Walk sou stap en ook die toer agter die watervalle, sou doen. Ons was toe te laat vir dit. Ons kon darem met die buite huisbak van die Skylan toring tot bo opgaan en die valle mooi van bo af sien. Daarna het ons ver gestap om so naby moontlik aan die Horseshoe valle te kom. Die dreunklank en grootheid van die valle is indrukwekkend! Ons is toe terug na ons lêplek naby die lughawe... lekker moeg!Read more