• Stadswandeling

    October 27, 2025 in the Netherlands ⋅ ⛅ 11 °C

    Oggend het baie vroeg begin 5am al wakker in Eu tyd maar die kinders se klokke is nop op SA tyd wat n iir later is.
    Oggend rustig begin en toe begin stap opsoek na n lekker koffie naby Vondelpark. Daarna het het deur die park gaan stap vir iets om te hap. Dit het woes begin reen maar sommer net so wolkbreek en toe kon ons weer verder verken! Kids het albei vroeg aan die slaap geraak in die strollers wat baie lekker werk.
    Ons het die Moco museum besoek, kontemporere en moderne kuns. Die kinders het dit geniet! (Ons ook)
    Van gogh was reeds vol die week en Rijks se rye baie lank.
    Na die museum het ons op n boot deur die kanaal gevaar wat lekker was om die stad van so oogpunt te sien.
    Die res van die dag was rustig deur die strate stap en verken, stop as iets lekker lyk (sop, broodjies, poffertjies, biertjie)
    Ons is 5pm weet tuis na n supermark uittog en n paar kilos op ons voete.
    Die was n lekker dag te spyte van die reen! Son het hier en daar selfs uitgekom
    Read more