• Todtnau

    October 31, 2025 in Germany ⋅ ☁️ 10 °C

    Vroeg op saam die kids en lekker ontbyt geeet saam franzi en Max en Mathilda. Ek en Liede en Frede stap toe deur die woud na die winkelsentrum om inkopies te doen vir ons wegbreek na die Swartwoud saam die Lootse.
    Ons het n airbnb gebook in Todtnay, so 40min buite Freiburg.
    Franzi het ons daar gekry en ons het omtrent die winkel leeggekoop wat als toe op haar fiets moes pas huistoe! Liede het in die fiets carrier haar huistoe gery wat sy gelove het.
    Ons het so 14:00 hierheen gery in n vriendin van F se kar sodat ons almal kan inpas.
    Dorp en huis is baie nice, super dankbaar vir die geleentheid om saam vriende te eet en drink en te kuier!
    Verlang baie na Wouter.
    Frede is baie besig en ons moet planne maak om die huis te babyproof.
    Liede geniet die maats.
    Raclette vir aandete, baie smaaklik en opwindend vir Liede, dink syt 5 pannetjies kaas in!
    Frede is nou in ons “boomhuisdakbed” en ek gaan nou n glas wyn saam my vriende geniet :) hart is vol
    Read more