• Nederland na Duitsland

    October 30, 2025 in Germany ⋅ ☀️ 17 °C

    Vroegoggend met al ons bagasie na die treinstasie toe gemission. Dis maar n storie met die twee prams en oorvol tasse. Maar ons het goed gedoen- die kids is regtig champs. Liede het koors gehad deur die nag maar gou recover darm.
    Ons is toe op n trein na Frankfurt met n baie onaangename konfrontasie in die trein met n ou wat nie Liede en my ma wou storie lees nie, ons was darm nie verkeerd wat het in die familie coach gesit. Die ou is na n paar lelike en woorde en dreigemente van sy kant af ge”eskort” deur die polisie. Gelukkig het my ma n dik vel. Liede het wel nie verstaan hoekom die oom nie kom jammer sê nie.
    Na die insident het ons toe die trein leeg raak ons eie klein familie hokkie gehad wat baie gehelp het.

    By Frankfurt het ons toe gesplit. My ma en Irene na James toe en ek en die kids op nog n trein na Franzi hul in Freiburg.

    Lang dag, 17:00 in Freiburg gearriveer, Flammekuchen geniet saam Franzi en Max, Frede val toe ook intussen van n paar trappe af in hul huis. Nie te min, albei kids kry n panadostropie voor bed en ons pass almal 8pm uit (ek ook.)

    Vol dag!
    Read more