• Laaste dag in Colmar

    November 4, 2025 in France ⋅ ☁️ 10 °C

    Ons laaste dag in Colmar. Vroeg na die mark toe vir lekker gebak, koffie en sommer net rondkyk.
    Daar is die mooiste bestandele maar ons besef ons wil nie met n sam vol oorskiet kos Parys toe more nie.
    Die res van die oggend het ek en Liede bietjie aleen tyd spandeer en my ma, Irene en Frede is na die natuur en wetenskap museum. Blykbaar het Frede die opgestopte diere vreeslik geniet!
    Ons het deur die winkels gestap wat gister toe was en by die huis kom te en koek eet. Na n kort slapie vaar ek en Irene saam die kinders die pad in na n speelparkie. Hul het dit baie geniet!
    My ma join toe later by n restaurant vir n biertjie by Parc di Champ-de-Mars terwyl Liede slaap en Frede rondhol.
    Ons het die aand afgesluit by n klein winebar onder by ons woonstel se deur. Liede het 3 slakke geeet 🤭
    Read more