• Paris monoprix 123!

    Nov 5–8, 2025 in France ⋅ ☁️ 15 °C

    Ons het vanoggend vroeg begin reg maak om die trein vandag 11uur te haal Parys toe. Woonstel skoonmaak, tasse toekry, tasse afdra…
    Alles goed gegaan en ons maak ons 2de trein in Strasbourg met sekondes! Publieke vervoer is nie vir sissies nie, ek was vandag dankbaar vir n kar wat ek enigetyd in kan klim en ry waar ek wil.
    Dit bly steeds n avontuur vir ons en die kinders en met my ma en Irene is daar never n dull moment. Ek toer regtig lekker saam hulle twee!
    Ons het n uber van die stasie af gevat- dankbaar, want ons tasse voel meer en swaarder soos die dae bykom.
    Omtrent so 4pm by ons volgende homeExchagne woonstel aangekom- piep piep klein maar net wat ons nodig het. Reg oorkant n speelparkie en n monoprix supermark. Ons het gaan kos en drinkgoed kry, kids gebad en gaan nou aandete maak. Ons wonder hoe n hele gesin met 2 kinders in hierdie klein plekkie bly. Wouter land amper en join ons vanaand- sien so uit!
    Read more