• Papparys

    November 6, 2025 in France ⋅ ☁️ 14 °C

    Vroeg op- Liede en Frede so opgewonde toe hul vir Pappa sien!
    Liede en Wouter gaan koop toe by die bakkery (boulangerie) op die hoek vars croissants en ons eet lekker ontbyt voor ons die stad invaar.
    Dit was baie stil en geen rye by die Notre dame- baie cool om te sien.
    Daarna het ons paaie spontaan gesplit.
    My male is Louvre toe en ons Montmarte. Baie lekker gestap, bederfies langs die pad, Frede slaap, Liede slaap.. baie lekker. Toe ons bo op die heuwel kom het dit begin reen. Perfect timing want to gaan ons binne die Sacre Coerr in.
    Die straatjies anders ervaar as in Februarie. Arms is seer stootwa gestoot!
    Laatmiddag vir Steph by ons woonstel gekry en toe die kids by ouma gelos en saam hom kets gaan drink by n plekke oorkant die pad- baie lekker!
    Goeie dag!
    Read more