• Korcula 1

    September 29, 2025 in Croatia ⋅ 🌙 20 °C

    Ek en Altie kap n bus vroeg lughawe toe om ons China-Ferrari op te pik. Ry n paar onbeplande sirkels deur Dubrovnic en vat die pad Korcula rigting. Brunch stop by n mooi strand kortgeknip deur n broeklose oom. Lunch stop in Ston. Moerse muur gebou om die sout van die aarde te beskerm. Koop waatlemoen, heuning en lemoene by n boer stalletjie. Ferry oor die water na Korcula. Ry n paar gat-oor-kop verkeerd-om sirkels tot by ons ArtStudio verblyf. Toe die tannie besef ons is nie Duits nie, raak sy sommer vriendelik. Klim die St Mark toring, hys n paar lekker cocktails tot bo op die Massimo bar en stil die honger met pizza uit die boonste rakke. Vidimo se sutraRead more