Ek en Altie kap n bus vroeg lughawe toe om ons China-Ferrari op te pik. Ry n paar onbeplande sirkels deur Dubrovnic en vat die pad Korcula rigting. Brunch stop by n mooi strand kortgeknip deur n broeklose oom. Lunch stop in Ston. Moerse muur gebou om die sout van die aarde te beskerm. Koop waatlemoen, heuning en lemoene by n boer stalletjie. Ferry oor die water na Korcula. Ry n paar gat-oor-kop verkeerd-om sirkels tot by ons ArtStudio verblyf. Toe die tannie besef ons is nie Duits nie, raak sy sommer vriendelik. Klim die St Mark toring, hys n paar lekker cocktails tot bo op die Massimo bar en stil die honger met pizza uit die boonste rakke. Vidimo se sutraもっと詳しく
旅行者Lekkerrrr
旅行者
Het jy die klokke gebeier?
旅行者Nee maar ek het vandag n begraafplaas se klok gebeier