• Dag 4 - Kotor Bay

    October 3 in Montenegro ☀️ 23 °C

    Ons slaap vanaand weer op dieselfde plek so die bikes se panniers kom af.

    Ons vat vroeg die Serpentine pad se 25 haarnaald draaie aan, voor die campers en toerbusse wakker word.
    Die oorspronklike pad is al in 1880 gebou met donkies en dinamiet en een man wat sê "Kap nog so bietjie links".

    Ons klim 900m deur die draaie, stop vir fotos en kyk en drink ons eie bier op die Horizont Bar se voorste bankie. Kas se drone word amper geoffer aan n afgrond...

    Marius se crashbar en Kobus se pannier (hy moes hom afgehaal het) kry elk n stamp op die nou paadjies, maar ons kom weer ongedeerd onder uit.

    Die ou army pad vat ons tot by Fort Vrmac. Behalwe n paar varke, perde, n hond wat ons wil byt en n kinderpartytjie is hier nie veel te sien nie en ons besluit om eerder vir Stefan te gaan wys hoe lyk Stefan strand.

    Ons Jetski mission verander binne minute van €80 na €70 na gratis na weer €70.... wonder nou nog wat die ou eintlik bedoel het. By gebrek aan genoeg waterperde saal ek en Stefan maar saam een op ... vir n entjie. Ons rol die jetski en Stefan se action camera word geskenk aan Stefan *die strand*.

    n Uur se duikbril soektog lewer niks behalwe sonbrand op nie.

    Intussen besluit Kobus om n langhaar Pool se huurkar n paar ekstra krappe met sy pannier (wat hy nie afgehaal het nie) in spitsverkeer te gee. Hy stres. Gaan hy dalk n meer permanente inwonder van Montenegro word ???

    MArius kook lekker pasta en ons eet op die stoep soos die son oor Kotor Bay onder gaan.

    Suur naartjies word handgranate na bemoerde buurman se boot voor slaaptyd.

    More kyk ons op na die berge.

    Lijepo spavaj

    Nag ou grote
    Read more