• AJ Roos
  • AJ Roos

Balkans Bike

4 Manne op n missie. Rossi, Marquez, Mattosta en Bosnaia Read more
  • Trip start
    September 29, 2026
  • Dag 0 en 1

    September 30 in Croatia ☀️ 22 °C

    Ons vertek uit n nat JHB. Sien #therealshrek in die ry by Turkish air. Pushups op lughawe 💪 Ek wonder vir n uur wie my buurman/vrou/ogre op die vliegtuig gaan wees. Wen n gawe afrikaanse tannie vir 10 minute en toe n jong engelse dame vir 5 minute. Hulle verkas vinnig maar dit los my met 3 sitplekke 😁😁. Ons maak 1 man lus om sy boottrip vir n biketrip te ruil. Hy reken hy is saam sy persoonlike vrou, dubbel die koste en half die plesier 😉.

    Ek kyk Michael Jackson en Song sung Blue op die vlug. Ons gaan musiek met siel mis ....

    Slaap so effe op 2x vlugte en taxi tot by Motofranka. 4 bikes staan en wag.

    Pizza en bier by Rastoke (revisited) vir lunch.

    By Apartment Bobic voer ons luidrugtige gesprekke in Kroasies met oom Bobgun/Bobjan en proe sy perske mampoer.

    Ek hou van baie aspekte van reis. Na net 2 ure van vertrek weet ek dat al wat saak maak my mense by die huis is, en na 2 minute op n BMW weet ek hoekom ek hier is.8

    Warm stort.

    Nou moet ons kos soek.

    Dan rus.

    Luka noć

    (Fotos volg)
    Read more

  • Dag 2. Blasting through Bosnia

    October 1 in Bosnia and Herzegovina ☀️ 28 °C

    Vandag begin vroeg met koffie en n uitkakkie deur Oom Bobjan. Hy is nie tevrede toe ek die drone in die pad demonstreer nie 😁. Hy klink kwaai maar ons geniet hom baie al os kommunikasie 100% onverstaanbaar.

    Eerste stop is Željava Airbase. Ons kry geen MIG21's in die tonnels nie maar dis fasinerend. Gaan lees die geskiedenis.

    Skade 1 gebeur teen n 210km/h dragrace op die ou aanloopbaan ..... tata BT earphones, maar wat n strorie vir die oudag.

    Ons kronkel deur die Bosnia platteland. Drink n koffie en praat lekker strooi met 2 Ierland bikers. Kry amper een onnodige oepsie op n gladde zebrastreep maar bly bo 🤨.

    Laaste 50km tot in Mostar is vermoeiend. Verkeer en speed traps.

    Sien hoe een mal makker van Stari Most brug af spring. Kyk hoe n ou oom n vis vang en verloor.

    Pushups by Željava, n monument en die laastes op Stari Most brug saam n OU vrywilliger oom 💪💪

    Koue bier, borde vleis, popcorn roomys.

    Dis mooi hier maar 10 ure op die ysterperd is lank.

    More gaan ons see toe, soos Neelsie ....
    Read more

  • Dag 3 - Nuwelande

    October 2 in Montenegro ☀️ 23 °C

    Ons begin meer rustig vanoggend. Stefan ek Kobus kom bederf met koffie en chocolate croissants.

    Ek vat hulle vir n verassende draai na die Millenium Cross vir n laaste view oor Mostar.

    Minder km vandag, so ons vat dit rustig en stop vir koffie en lunch. Verder vermaak Marius oor die Cardos met Leon Schuster impressions en stories.

    Montenegro paspoort stempel in die sak. Die pad is amazing. Draaie , berge en dan nog baie draaie. Die boxer engines sing!

    Koos Kombuis (en ek) onthou nog toe ons die eerste keer vir Port St Johns gesien het.
    Die gesig van Kotor baai wat eensklaps in jou visor verskyn is in hierdie klas. Iets om te onthou.

    In n soektog na ons Airbnb se voordeur word ons begroet deur n super ongeskikte amper aggresiewe buurman. Dalk is hulle maar net gatvol vir toeriste in hulle dorp.

    Die eerste swem in die Adriatic is verfrissend. Moet netnie op die ander buurman se boei dryf nie ..... ai.

    n Tannie voel ontevrede toe ek n kat skrikmaak, hoe kan dit nie snaaks wees nie ??

    Ek en Stefan durf die verniet pad aan tot by die by die 9th century fort maar die skelm venster in toegemessel 🤨.

    Oppad terug cheer ons n basketball game vir n rukkie en stap deur old town se stegies met roomys.

    Dit was n goeie dag.

    Wat n voorreg.

    Ek mis my mense en honde.

    Nag
    Read more

  • Dag 4 - Kotor Bay

    October 3 in Montenegro ☀️ 23 °C

    Ons slaap vanaand weer op dieselfde plek so die bikes se panniers kom af.

    Ons vat vroeg die Serpentine pad se 25 haarnaald draaie aan, voor die campers en toerbusse wakker word.
    Die oorspronklike pad is al in 1880 gebou met donkies en dinamiet en een man wat sê "Kap nog so bietjie links".

    Ons klim 900m deur die draaie, stop vir fotos en kyk en drink ons eie bier op die Horizont Bar se voorste bankie. Kas se drone word amper geoffer aan n afgrond...

    Marius se crashbar en Kobus se pannier (hy moes hom afgehaal het) kry elk n stamp op die nou paadjies, maar ons kom weer ongedeerd onder uit.

    Die ou army pad vat ons tot by Fort Vrmac. Behalwe n paar varke, perde, n hond wat ons wil byt en n kinderpartytjie is hier nie veel te sien nie en ons besluit om eerder vir Stefan te gaan wys hoe lyk Stefan strand.

    Ons Jetski mission verander binne minute van €80 na €70 na gratis na weer €70.... wonder nou nog wat die ou eintlik bedoel het. By gebrek aan genoeg waterperde saal ek en Stefan maar saam een op ... vir n entjie. Ons rol die jetski en Stefan se action camera word geskenk aan Stefan *die strand*.

    n Uur se duikbril soektog lewer niks behalwe sonbrand op nie.

    Intussen besluit Kobus om n langhaar Pool se huurkar n paar ekstra krappe met sy pannier (wat hy nie afgehaal het nie) in spitsverkeer te gee. Hy stres. Gaan hy dalk n meer permanente inwonder van Montenegro word ???

    MArius kook lekker pasta en ons eet op die stoep soos die son oor Kotor Bay onder gaan.

    Suur naartjies word handgranate na bemoerde buurman se boot voor slaaptyd.

    More kyk ons op na die berge.

    Lijepo spavaj

    Nag ou grote
    Read more

  • Dag 5 - Durmitor Bound

    October 4 in Montenegro ☀️ 16 °C

    Vandag was maar redelik uneventfull. Ons staan laat op en gaan vir n rustige wandeling langs die see. Drink die kleinste kwartkoppie koffie in mensdom se geskiedenis en pak die bikes.

    Die roetekeuse vir die dag is om weer die serpentine op te ry met soveel agterpaadjies as moontlik. Dis Balkans GP vandag met Marquez of Rossi om die beurt in 1ste plek ...

    Marius se 360° helmet kamera vang hopelik iets van die gevoel vas, maar die reuke van die woud, die koue van die skaduwee pas en die onverwagse wind uit die tonnel gaan ongelukkig elke keer ontbreek.

    Iemand het op n keer gesê dat om met n voertuig te travel dieselfde is as om n fliek op TV te kyk, maar met n motorfiets is jy self IN die fliek!

    Daai kamera op sy kop lyk in elk geval nogal verdag , so sy bynaam verander vandag sommer van Marquez93 na Shangaan69 🤔🤣.

    Dalk ook die rede dat n tannie langs die pad hom met swaaiende arms verjaag toe ons probeer om heuning te koop ....

    Lunch bederf is tradisionele Roast Veal langs die pad, genoeg om sommer as aandete ook te dien.

    Almal bel huis toe, ek gaan stap saam vreemde honde en almal is vroeg in die bed. 13456 draaie se konsentrasie is uitputtend.

    Durmitor se Ring Road is more die hoofdis op die spyskaart.

    Kaggelvuur teen die koue.

    Nag
    Read more

  • Dag 6 - 4 Boys in the Ring

    October 5 in Montenegro ☀️ 17 °C

    08:30 trek ons weg by Durmitor Chill Point en vir die eerste keer op die trip byt die koue behoorlik. Winterhandskoene, thermals en balaclavas kom uit. Skielik lyk almal minder soos adventurers en meer soos vier gewapende bankrowers op BMW’s.

    Sedlo Pass.

    En donner. Dít is hoekom mens Montenegro toe kom. Smal teerpad, kaal berge wat oral om jou uit die grond skeur en uitsigte wat selfs ons vir ’n paar minute stil kry. Amper.

    By Sedlo plak ek ’n paar VR46 “Die Baas” stickers. Want as ’n jy nie ’n sticker 9 000 km van die huis af plak nie, was jy ooit regtig daar?

    'n Honger hond word n dankbare ontvanger van ons koue vleis. Marius probeer die dag dokumenteer, maar Shangaan, sy kopkamera, is pap. Geen elektrisiteit. Geen footage. Net Marius wat vir ’n dooie kamera verduidelik wat hy alles gemis het.

    Ons ry verder deur Durmitor se belaglike mooi paaie en verby Sušica canyon. 15 km lank en tot sowat 700 m diep. Ek koop groen Silwerspar (Abies alba) heuning. Dit proe soos die woud ruik oppad af.

    Halfpad stop ons vir lunch in die Trsa-omgewing, die natuurlike lunch-stop op die Durmitor Ring. Marius se maag werk nie mooi saam vandag nie. Waar is die WC?

    Vinnige stop by Durmitor Ski Center. Daai ski lift het al beter dae gesien. Black Lake wink in die verte.

    Terug in Žabljak stap ons Black Lake toe. Almal kyk na die water. Chat sê ons mag nie swem nie .... die water is koud, my jean is nat.

    Dit was koud.

    Dit was LEKKER

    Daarna terug Sedlo Pass toe vir nog foto’s en ’n laaste rakija. Marius gaan rus en sluk pille.

    Toe die kamera’s vol is en die oom se rakija op sy plek, kry die my 1250 uiteindelik kans om die draaie terug Žabljak toe met spoed aan te durf.

    Ek stop nog by ’n paar perde en ’n donkie, want ’n behoorlike motorfietstoer het blykbaar ook ’n petting-zoo-afdeling. Ek mis ons eie diere en natuurlik die mense.

    Laaste stop: groceries vir môre. Koop amper n 85c waatlemoen maar toe hy by die till R160 word bly hy agter.

    Vanaand word plaas probleme uitsorteer. Dit was nie n goeie bees dag op Winburg nie.

    Môre: Tara Bridge, Piva Lake, die tonnels deur die kranse en Highland Guesthouse.

    Die weer is steeds perfek. Die scenery absurd mooi.
    😎🏍️
    Read more

  • Dag 7 - Up high

    October 6 in Montenegro ☀️ 19 °C

    Een week in. Oproepe huistoe raak langer en n week van die huis af gee nuwe perspektiewe ..

    Ons saal op, los ons lekker warm Durmitor huis agter en sit af Tara Bridge toe. 0° begroet ons , of soos daai man gesê het "Dis baie koud, dis MINUS NUL 🤣". Tara brug is indrukwekkend maar nie heeltemal Bloukrans standaard nie. Sy geskiedenis is egter interessant.

    "Die betonboogbrug is tussen 1937 en 1940 gebou, ongeveer 365 m lank, met vyf boë. In 1942 het een van die ingenieurs wat gehelp het om dit te bou, Lazar Jauković, ’n deel daarvan opgeblaas om die Italiaanse opmars te stuit. Hy is later gevang en by die brug tereggestel. Die brug is in 1946 herbou" (Dankie Chat)

    Met ons besoek is hy weer besig om herbou te word, deur ons vriende die Chinese. Hulle is ook maar oral.

    Ons lanseer n papiervliegtuig en n verlore aartappel onder na die blou Tara rivier.

    In die parkering offer Stefan finaal sy jean aan Montenegro en ek boul hom tot in die asblik.

    Soos die kraai (of 'n Montenegro voël) sou vlieg is vanaand se verblyf naby maar ons omsingel n groot berg om daar te kom. Koop kos in Pluzine en gooi petrol in die tanks.

    Montenegro beleef 'n uitermatige droogte op die oomblik en ons vind Piva Lake (wat eintlik n dam is) met besonders min water. Dis steeds turquise blou en beautifull. Ons ry die dam pad met sy 57 tonnel heen en weer. Vandag en gister was sekerlik van die wêreld se beste motorfiets paaie...

    Highland Guesthouse lê bo, maar soos in HEEL bo! Selfs grondpad hoog. Ons haal dit ongedeerd. Kry n welcome appel rakija en n baie vriendelike ontvangs. Onion (sy naam klink so) wil in SA kom kuier, hy reken die dames is té skaars hier in die berge ....

    Ons drink sundowners op die kloof. Rol n paar klippe af en skenk die drone aan n Montenegro afgrond (jammer Kas 😬)

    Kobus kook restaurant kos. Lekker

    More Bosnia en Sarajevo

    Laku noć
    Read more

  • Dag 8 - Welcome to Sarajevo

    October 7 in Bosnia and Herzegovina

    Ons verlaat Montenegro se dak vanoggend. Vandag is ons op die afdraende pad. Die rook is deur die nag weggewaai en Piva Lake Canyon wys al sy glorie.

    Maar dis koud, 4 grade en berg lug. Ons ry weer die 57 tonnels langs Piva Lake en dan nog seker 30 ander tot op die Montenegro/Bosnia grens. Heelpad skaduwee, heelpad flippen koud. Die feit dat die buff/thermals/winter gloves in die pannier is help nie (ook maar lekker stupid).

    Die eerste koffie stop se koolstoof red 4 lewens. Die barman voer ons een of ander Bosnia Jagermeister voor ons mag koffie kry. Die teerpad lyk maar vrotterig maar die scenery bly stunning.

    Ons kies die hoofroete vandag en kry selfs stukke reguit pad. Dit voel sommer vreemd.

    In Sarajevo se buitewyke maak ons n shopping mall stop sonder om iets re koop. n Groot begraafplaas loer deur die bome langs die pad.

    Soos Rundu was Sarajevo ook net aan ons bekend gemaak deur oorlog berigte op radio en TV in ons jonger dae.

    Sarajevo is egter eerder wêreldbekend omdat Aartshertog Franz Ferdinand op 28 Junie 1914 hier vermoor is deur Gavrilo Princip. Daardie gebeurtenis was die vonk wat die Eerste Wêreldoorlog help ontketen het.

    In die 1990’s het die stad weer in die middel van geskiedenis beland. Tydens die Bosniese Oorlog was Sarajevo van 1992 tot 1996 onder beleg, een van die langste beleërings van ’n hoofstad in moderne geskiedenis.

    Dis spesiaal om so deur n deeltjie wêreldgeskiedenis te reis, al is dit net vir n klein rukkie.

    Ons eindbestemming is die dorpie Konjic. Ons arriveer vroeg, boek in by ons verblyf en kyk een Leon Schuster fliek om weer soos Saffas te voel.

    Daar is tekens dat die toer nou té lank raak. Kobus merk op dat daar n Moslem darem mooi op die noot sy uurlikse gebed oor die dorp uitbasuin het terwyl Marius met sy denim en plakkies gaan uiteet ....

    Wanneer Stefan dink niemand kyk nie, eet hy alleen in die garage uit sy motorfiets se sweets pannier ..... Geen wonder hy word nie honger nie.

    Ons stap deur die ou dorp. Deel n pizza en geniet n Bosnia bier. Die waitress frons wanneer ek rakija met coke mix, maar dit smaak vorentoe.

    Pushups op die 1682 Stara Ćuprija brug. Geen ou oom wat join nie.

    More oggend gaan ons kyk waar oom Tito (nie Mboweni) sy bendehuisie onder die berg gegrawe het uit vrees vir n atoom bom.

    Dan val ons in die pad vir die 2d laaste been.

    Partykeer moet mens groot dinge doen om die klein dinge te waardeer.

    Lekker slaap Suid Afrika.

    Nag ou grote
    Read more

  • Dag 9 - Bittersoet

    October 8 in Bosnia and Herzegovina ☁️ 23 °C

    Dis die laaste behoorlike dag in Bosnia. More begin die terugtog huistoe.

    Ons Tito's Bunker kaartjies was in SA al bespreek en ons tel hulle op in misreen.

    Gaan lees sommer self die geskiedenis van ARK D-0 (Atomska Ratna Komanda). Soos die res van die stories hier klink dit amper onwerklik. Vir my is dit die lewendige uitbeelding van die gesegde "Hoping for the best, but expecting the worst". Ek is bly ons kon deur dit stap en ek is bly die bunker het nooit tot sy reg gekom nie.

    Brunch is varsgebakte 'slang pie' en koffie langs die pad. Ek soek nog weer n vark op n spit.

    Langs die pad trek ons af vir n oomblik se rus. Dis platteland en boerdery. Oral is klein stalletjies vol kool. Ek wonder wie koop dit alles, of moet hulle alles self opeet.

    Onder in die veld is n vrou besig om kool met n kruiwa te oes. Die klein dogtertjie saam met haar begin nader kom. Eers op drafstap, dan meer huiwerig. Dit lyk of sy wil omdraai. Tog kom sy nader. Vier blink motorfietse weeg meer as haar vrees. Sy is mooi, bietjie deurmekaar en vuil. Ons maak haar hande vol lekkers en haar oë glimlag. Met haar Hello Kitty skoene en Frozen broek kon sy netsowel in afrikaans gedroom het, maar sy lewe n ander storie, in n ander taal , op n ander plek. Heel waarskynlik n moeiliker een as waaraan ons gewoond is, maar ek is seker haar drome is dieselfde as my eie vlaktemeisie sn.

    Sy waai drie keer entosiesties terug soos ons wegry. Ek hoop dit was vir haar n goeie dag.

    Die Bertus winkel vereis n vinnige omdraai en foto. Die winkel eienaar vind dit erg amusant toe hy hoor hoekom ons dit afneem. Hy sê Bertus beteken 'Noble One' of so iets 🤣

    Ons boek in by Central Jajce Apartments. Ons gasvrou is verbaas. South Africa? Were you born there?? Are you serious?? Sy het iets anders verwag en skud sommer my hand drie keer van blydskap.

    Ek stap vanaand met my eie gedagtes deur Jajce, Bosnia se laaste koninklike hoofstad.

    Iewers hier het die Ottomanne in 1463 vir koning
    Stjepan Tomašević permanent van sy eie kop verlos.

    In 1943 tydens die tweede wêreldoorlog, hier iewers, het Tito en sy manne fondamente van die nuwe federale Joego-Slawië gelê.

    Die fort staan verlig in die agtergrond. Hy het dit alles gesien. En vanaand sien hy my op die bankie in die straatlig.

    Dis my laaste aand in Bosnia Herzegovina. Heel waarskynlik die laaste van my lewe. Ek probeer diep kyk en alles onthou. Ook die gevoel. Die strate is stil, die seisoen amper verby en die winter is aan die kom.

    By Restoran Kristal sit vier Bosnia ooms en kuier met koffie en rakija. Almal lyk amper dieselfde, almal in swart geklee. Ek wonder of hulle ooit selfone besit. Dalk is dit beter as ek hulle nie kan verstaan waaroor hulle praat nie.

    Op die bankie waar ek nou sit het n ou tannie met haar inkopies en tradisionele drag vyf minute gelede sit en wag. Sy lyk ouer as my ma, sy lyk alleen.

    In die vensters sit paar toeriste en kuier. Wanneer ek om die blok stap sien ek n middeljarige vrou agter in die kombuis, besig om hulle kos voor te berei. Sy moet al moeg wees.

    In die cobblestone straat onder n straatlig neem twee tiener meisies instagram fotos. Hulle lag. Tyd is vriendelik as jy 17 is.

    In n agterstraatjie lê n wolfhond en slaap. Ek los hom alleen en draai liewers om. Miskien verstaan hy nie voetsek nie.

    Twee jong manne is voor die moskee diep in hulle geloofs tradisies. In hulle toewyding is baie om te leer.

    Ek soek nog paar persentjies maar sukkel om die regte goed te kry. Die winkel waar ek instap kon netsowel Wonderstore in Nylstroom gewees het. Die chinese groet vriendelik en ek stap liewer uit.

    Iewers in die dorp eet drie Suid Afrikaners hulle laaste aandete in Jajce. Ek hoop hulle drink meer as een bier. Ek hoop ook hulle staan ook n oomblik stil oppad huis toe.

    Ek wil alles onthou, elke detail, maar ek weet ek gaan nie en is daar n goeie rede daarvoor.
    Read more

  • Dag 10 - The long way down

    Oct 10–11 in South Africa ☀️ 32 °C

    Ons kuier die laaste aand saam en gesels oor hoogtepunte, die mooiste plekke, die lekkerste kos, verrassings, wat jy sal onthou en wat jy sal oorvertel. Die opsomming is eintlik, WAT N VOOREG OM MET BIKES VIR 10 DAE DEUR DIE BALKANS TE JAAG !!!

    Ons vertrek Vr oggend 7am. Die tannie kom groet haar 4 gunsteling gaste met n spesiale persent. Ons sal haar onthou.

    Die oggend rit is steeds rivier af vir oulaas. Daarna slaan ons die highway Zagreb toe. Ek trek af vir n video call na die Graad 12 prysuitdeling op Nylstroom. My hart is trots vandag!!

    My beste pogings om Rimac se fabriek te besoek wil net nie werk nie. So naby en tog so vêr. Oms sien Bugattis en Rimacs in die stoor in die verte. Volgende keer.

    Almir ontvang die bikes terug en ons elk n bier in dir hand. 2006km van die beste bike paaie.

    Taxy tot by lughawe en dan wag wag wag.

    Twee ure tot in Istanbul en 9 ure tot in JHB. Stefan koop 2 kuiwaens vol sweets.

    Dis nou 9pm Saterdag op die plaas. 38 ure later sonder slaap. Moeg maar ek rus vanaand in groot genade.

    Dankie manne, dit was epic.

    Dankie aan ons mense dat julle onsndit gun.

    All it takes is just one plan. Just one plan
    Read more

    Trip end
    October 10, 2026