Dag 6 - 4 Boys in the Ring
October 5 in Montenegro
☀️ 17 °C
08:30 trek ons weg by Durmitor Chill Point en vir die eerste keer op die trip byt die koue behoorlik. Winterhandskoene, thermals en balaclavas kom uit. Skielik lyk almal minder soos adventurers en meer soos vier gewapende bankrowers op BMW’s.
Sedlo Pass.
En donner. Dít is hoekom mens Montenegro toe kom. Smal teerpad, kaal berge wat oral om jou uit die grond skeur en uitsigte wat selfs ons vir ’n paar minute stil kry. Amper.
By Sedlo plak ek ’n paar VR46 “Die Baas” stickers. Want as ’n jy nie ’n sticker 9 000 km van die huis af plak nie, was jy ooit regtig daar?
'n Honger hond word n dankbare ontvanger van ons koue vleis. Marius probeer die dag dokumenteer, maar Shangaan, sy kopkamera, is pap. Geen elektrisiteit. Geen footage. Net Marius wat vir ’n dooie kamera verduidelik wat hy alles gemis het.
Ons ry verder deur Durmitor se belaglike mooi paaie en verby Sušica canyon. 15 km lank en tot sowat 700 m diep. Ek koop groen Silwerspar (Abies alba) heuning. Dit proe soos die woud ruik oppad af.
Halfpad stop ons vir lunch in die Trsa-omgewing, die natuurlike lunch-stop op die Durmitor Ring. Marius se maag werk nie mooi saam vandag nie. Waar is die WC?
Vinnige stop by Durmitor Ski Center. Daai ski lift het al beter dae gesien. Black Lake wink in die verte.
Terug in Žabljak stap ons Black Lake toe. Almal kyk na die water. Chat sê ons mag nie swem nie .... die water is koud, my jean is nat.
Dit was koud.
Dit was LEKKER
Daarna terug Sedlo Pass toe vir nog foto’s en ’n laaste rakija. Marius gaan rus en sluk pille.
Toe die kamera’s vol is en die oom se rakija op sy plek, kry die my 1250 uiteindelik kans om die draaie terug Žabljak toe met spoed aan te durf.
Ek stop nog by ’n paar perde en ’n donkie, want ’n behoorlike motorfietstoer het blykbaar ook ’n petting-zoo-afdeling. Ek mis ons eie diere en natuurlik die mense.
Laaste stop: groceries vir môre. Koop amper n 85c waatlemoen maar toe hy by die till R160 word bly hy agter.
Vanaand word plaas probleme uitsorteer. Dit was nie n goeie bees dag op Winburg nie.
Môre: Tara Bridge, Piva Lake, die tonnels deur die kranse en Highland Guesthouse.
Die weer is steeds perfek. Die scenery absurd mooi.
😎🏍️Read more





















Traveler
Die drone volg mooi! Lekker video 👏🏻
Traveler
Daar is n pushup! Amper gedink dit is nou verby 🤣💪🏻
TravelerGeniet elke oomblik!
Traveler
👌