• Dag 7 - Up high

    October 6 in Montenegro ☀️ 19 °C

    Een week in. Oproepe huistoe raak langer en n week van die huis af gee nuwe perspektiewe ..

    Ons saal op, los ons lekker warm Durmitor huis agter en sit af Tara Bridge toe. 0° begroet ons , of soos daai man gesê het "Dis baie koud, dis MINUS NUL 🤣". Tara brug is indrukwekkend maar nie heeltemal Bloukrans standaard nie. Sy geskiedenis is egter interessant.

    "Die betonboogbrug is tussen 1937 en 1940 gebou, ongeveer 365 m lank, met vyf boë. In 1942 het een van die ingenieurs wat gehelp het om dit te bou, Lazar Jauković, ’n deel daarvan opgeblaas om die Italiaanse opmars te stuit. Hy is later gevang en by die brug tereggestel. Die brug is in 1946 herbou" (Dankie Chat)

    Met ons besoek is hy weer besig om herbou te word, deur ons vriende die Chinese. Hulle is ook maar oral.

    Ons lanseer n papiervliegtuig en n verlore aartappel onder na die blou Tara rivier.

    In die parkering offer Stefan finaal sy jean aan Montenegro en ek boul hom tot in die asblik.

    Soos die kraai (of 'n Montenegro voël) sou vlieg is vanaand se verblyf naby maar ons omsingel n groot berg om daar te kom. Koop kos in Pluzine en gooi petrol in die tanks.

    Montenegro beleef 'n uitermatige droogte op die oomblik en ons vind Piva Lake (wat eintlik n dam is) met besonders min water. Dis steeds turquise blou en beautifull. Ons ry die dam pad met sy 57 tonnel heen en weer. Vandag en gister was sekerlik van die wêreld se beste motorfiets paaie...

    Highland Guesthouse lê bo, maar soos in HEEL bo! Selfs grondpad hoog. Ons haal dit ongedeerd. Kry n welcome appel rakija en n baie vriendelike ontvangs. Onion (sy naam klink so) wil in SA kom kuier, hy reken die dames is té skaars hier in die berge ....

    Ons drink sundowners op die kloof. Rol n paar klippe af en skenk die drone aan n Montenegro afgrond (jammer Kas 😬)

    Kobus kook restaurant kos. Lekker

    More Bosnia en Sarajevo

    Laku noć
    Read more