• AJ Roos
  • Jakes Van der walt
  • AJ Roos
  • Jakes Van der walt

NAM Klippe Omrol

'n Argeologiese Roadtrip Read more
  • Trip start
    April 14, 2023
  • Botswana Stop

    April 15, 2023 in Botswana

    640km vir die dag! Stop vir n vinnige foto in Zeerust by Oupa Bertus en Ouma Esther se huis.

    Deur die Bots grens met zero moeite en inspeksie. Die Hilux kon netsowel gesteel gewees het ...

    1e aand in Meyers Guesthouse in Janeng. Vrek nice blyplek in n minder nive dorp.

    Jakes ontdek ChatGPT. Kom ons werk maar solank ons nog kan ...
    Read more

  • Gobabis bound

    April 16, 2023 in Namibia ⋅ ⛅ 30 °C

    Ons ry vandag vroeg en die pad is baie reguit en vervelig. Slegs donkies en maer koeie en een perd. Op Kang sien ons darem hoe André "Amarok" de Villiers sy bakkie se seiltjie met handskoene toemaak by die garage. Ek het amper vir hom gevra of hy in 'tweede rat lae bestek' gaan wegtrek met die agterste ewenaarslot gesluit 🤣🤣.

    Grenspos weer moeiteloos deur in 25 minute. Namibia is bly om my weer te sien, 'n reënbui vir die eerste 40 minute is ons spesiale groet!

    Gobabis is klein en stil op 'n Sondag middag maar silwer SKOON. Ek soek 'n kerk met 'n aanddiens maar ek dink die ledetalle maak dit moeilik. Op 'n Google search lyk dit of die NG kerk bietjie sukkel.

    Aandete is skaapvleis en koue bier.

    Hierdie land doen iets aan my gemoed en my hart ...
    Read more

  • Wes na die oseaan

    April 17, 2023 in Namibia ⋅ ☀️ 21 °C

    Weer 'n dag van reguit paaie. Windhoek sien ons vir die eerste keer maar dis net 'n vinnige deurry, te veel 'stad' vir my. Usakos het darem koue bier in voorraad.

    Onbepland wink Spitzkoppe ons nader uit die noorde. Huiwerig moet die uitnodiging van die hand gewys word, maar sy is nog lank nie vergeet nie, haar tyd sal kom.

    Vanmiddag se tydverdryf is "Spot the boesman" werk. Een stone tool en 'n paar hunting blinds word ontdek op site en goeie werksvordering gemaak.

    Die werksdag word afgesluit met 'n Tafel Lager in die voorgrond, 'n kokerboom in die middel en Spitzkoppe in die verte. Tevrede.

    Pier 8 in Swakop is uit die boonste rakke. As die blinds met remotes werk en die stort met 'n knoppie moet jy weet jy word bederf.

    Seafood platter en Chardonnay by Blue Grass vir aandete.

    Ontmoet weer Gobabis mense .... dalk is dit n teken ...
    Read more

  • PV Plant Survey

    April 19, 2023 in Namibia ⋅ ☁️ 29 °C

    Maanlandskap en Goanikontes kry n vinnige besoek vandag. Verder is dit sonplaas surveys en Jaco wat kyk hoe lank hy n P kan knyp.

    As jy op Spitzkoppe se kruin wil staan sonder om n sonplaas te sien, doen dit eerder gouer as later.

    Laaste stop voor sononder by n 1915 Duitse Fort met sononder , sonder 'n duitse bier. Ai

    Lang dag. More is meer plesier as werk
    Read more

  • Messum Krater

    April 20, 2023 in Namibia ⋅ ⛅ 17 °C

    Waar begin ek. Die supersize sinkplaat pad, die oorverdowende stilte, die kleinste Lichen plantjie of die 2000 jaar oue Welwichia wat maak dat ek uit respek eerder my gekoude chappie op die Hilux se bak gooi, die alleenheid, die bokspore in die middel van nerens .....

    Dis mooi, dis groot, die kleinste detail is asemrowend, dit laat vrae sonder antwoorde, maar dis OK, want ek is deel van dit...
    Read more

  • Cape Cross

    April 20, 2023 in Namibia ⋅ 🌬 19 °C

    Ons ry amper oor 300 robbe soos ons na 3 ander kyk. Die goed is fassinerend. Amper soos n klomp honde, gekruis met iemand wat alwee sy bene in een broekspyp ingedruk het.

  • Mirabib

    April 22, 2023 in Namibia ⋅ ☁️ 18 °C

    Ons ontmoet n eensame woestyn perd wat my laat dink oor die lewe. Hy drink n 2 liter roomys bak water en beweeg dankbaar aan ....

    Mirabib is amper n mini Spitzkoppe. 5 Kampplekke en baie spasie, baie stilte, boesman tekeningeen vrede. Ons kies die hoogste kampplek.

    Dis n familie plek hierdie, ons mis die vrouens en kinders vandag selfs nog meer as van tevore. Hierdie is net n ontdekkingsreis vir later.

    Dis die laaste aand in Namibia. Laaste skaaptjop en die laaste dop (sonder ys).

    Sien uit na n aand onder die sterre.
    Read more

  • Van Zylsrus Hotel

    April 23, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 11 °C

    Laaste stop. Nie seker hoe hy lyk nie want ons arriveer in die donker en vertrek weer voor sonop. Jakes probeer die Namibia stof van sy hande af was met n komplimentere gemmerkoekie ... té gewoond aan koekie seep dinke ek.

    Een Hilux band word geoffer aan n Namibia klip. Drie voertuie kom verby, niemand stop nie. Dis vreemd.
    Read more

  • Die laaste myl

    April 23, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 24 °C

    Vandag was RY RY RY. Alberton om om die Ou Lady Pajero huis toe te bring en toe plaas toe !

    4933 Veilige kilometers met die Dakar plaasbakkie.

    Dankbaar vir die geleentheid.
    Dankbaar vir die mense by die huis wat my dit gun en my met liefde omring.Read more

    Trip end
    April 23, 2023