Satellite
Show on map
  • Day 1

    St Jean Pied de Port - Roncesvalle

    May 1, 2022 in France ⋅ ⛅ 16 °C

    26km - Ok, hulle het nie gegrap dat Route Napoleon aan die tawwe kant is nie.

    1420 elevation binne 10km het meeste huilerig gehad, veral na n nag sonder slaap. Maar toe ons deur die wolke breek in die sonlig in het almal se moed gelig. Lekker geselsies gehad met mense langs die pad en het selfs afrikaans gepraat met n man en sy seun van Vanderbijlpark. Net jammer die snel stappers kyk net op die grond en mis die pragtige griffon vultures wat bo ons sirkel (wag seker vir die swakste pelgrim 🤣).

    Na die Frans/Spaanse grens is daar nog een onverwagte optraande en dan word jou jelly bene beproef met n styl afgrond tot by Roncesvalles Monastery. Hier kan meer as 200 mense op n aand slaap en ons moes amper 2 ure wag om in te boek.

    Die aand het ons, ons seer bene weg gekuier saam met n groep italianers en amerikaners.
    (Interesante feit: hoe meer wyn jy drink hoe beter verstaan jy italiaans 🤷🏻‍♀️)

    Ps: die prentjie met die diere grid is die “grens” tussen Frankryk en Spanje.
    Read more