Satellite
Show on map
  • Day 2

    Roncesvalle - Urdaniz

    May 2, 2022 in Spain ⋅ ☁️ 13 °C

    27km - het sterk gevoel tot hier by 20km. Dink ook nie gisteraand se rooi wyn (en weer min slaap) het veel gehelp nie 😁
    Vandag was op en af deur mistige single track spaanse woude. Die area het n donker geskiedenis van hekseverhoor wat jou verbeelding ophol jaag soos wat jy stap.

    Jy begin dieselfde gesiggies sien wat jy oor die afgelope paar dae ontmoet het. Almal het n interesante storie om te vertel en hulle eie rede vir hier wees. Daar was selfs n blinde paartjie wat loop met geen ander help anders as n app en hulle stap stokke.

    Die laaste 4km tegniese aftraende tot in Zubiri het gister sy seer lyf beproef tot op sy laaste. Het al my skoene onder die straat van die alburgue uit getrek en kaal voet gestap.
    Was bietjie skepties toe ek die alburgue sien in die piep klein dorpie van Urdaniz maar die gasvryheid en die pilgrim maaltyd was van die beste sover. Geroosterde sesame hoender met aartappels EN n slaai wat n wonderwerk is in Spanje.

    Vanaand net n halwe glasie wyn en die hoop van n ordentlike nag se rus 🙏🏻
    Read more