Satellite
Show on map
  • Day 9

    Logrono to Ciruēna

    May 9, 2022 in Spain ⋅ ☀️ 16 °C

    41km - is baie tyd om vir jou liggaam te luister. Dag begin sterk en ek figure uit my voorste voete word seer omdat ek op my tone loop. Haak loop soos n normale mens laat my soos n masjien aan stoom die somers dag in. Eerste dag van shorts en T-shirt dra. Navarrete is die eerste café un croissant stop en die kerk is beeldskoon! Stoom aan verby die 200km merk. Dis lang, oop plaas pad met nie veel om te sien nie.

    Nájera se groen grasperk langs die rivier roep my vir n middag slapie maar ek ploeg aan. Enigste bekende gesiggie is Piko die eksentrieke pirate en hy dra vandag geel strepies inplaas van rooi. Niemand anders langs die pad praat engels nie en ek mis n klets sessie. Die laaste 15km was tough en daar is nie n persoon in sig nie. Ek speel musiek en sing klip hard en verskrik n paar koeie.

    Die hak loop is n vreemde konsep en ek kry offisieel 2 diep blase op my regterhak. Ek dra sandale vir die laaste 6km tot in Ciruena. Die vreemste dorp met council huisies maar ek kla nie, ek het weer n privaat kamer.
    Read more