Satellite
Show on map
  • Day 10

    Ciruena to Belorado

    May 10, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 19 °C

    28km - eerste groot Camino les vandag. Alles was in so n groot haas.. Om te begin stap, om Bilbao toe te gaan, om die naaste wifi spot te kry vir werk emails, om deur te jaag Santiago toe voor die 31ste…

    Vandag het die apteker gesê as ek nie my voete rus nie gaan ek infeksie kry en glad nie meer kan stap nie… nou moet ek my voete oophou en my akkomodasie planne is daarmee heen. My schedule ook.

    More is dit elke dag vat soos hy kom en n gesonde pas loop, al beteken dit moontlik om 2/3 dae te moet skip.

    Vandag was pyn vir 28km lank. Gelukkig was daar bekende gesiggies vir geselsies en vir dokter speel. Heerlike aandete gehad in Belorado saam met nuwe mense. Die dorpie is beeldskoon en bekend geraak vir die fliek “the way”. Martin Sheen se hand en voet teken is op vanaand se albergue se voorstoep.

    So leer jy… be present, slow down. Anders eindig jy op met voete vol probleme.
    Read more