Satellite
Show on map
  • Day 18

    Foncebadón to Ponferrada

    May 18, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 17 °C

    28km - een van die mooiste dae op die Camino. Daar was dele wat gevoel het soos n dood normale oggend op Tafelberg en ek voel sommer homesick.

    Die sonop was besonders en ek het op die perfekte tyd by die Cruz de Ferro aangekom toe die son een kant opkom en die maan die ander kant gaan slaap. Ek het my klippie gelos en in die pad geval voor die hordes begin drom vir “peace sign” selfies.

    Eerste koffie vir die dag in die pragtige berg dorpie, Acebo en ek voel dadelik beter na nag 3 van snor koor oefening (gisteraand was daar n sleep apnea machine vir ritme). Maar na die klim moet ons weer af, en ek misgis my met die tegniese, enkel paadtjie wat smeek om enkels te breek en kniee te knak.

    Ons loop met jelly bene en dankbare enkels die medieval dorpie van Ponferada in. Ek het my eie kamer (EN badkamer) vanaand. Na die laundromat is dit reguit na die Templar kasteel.
    Read more