Satellite
Show on map
  • Day 26

    Ligonde to Melide

    May 26, 2022 in Spain ⋅ ☀️ 19 °C

    25km - die son gaan 10pm onder en ek voel soos n stout kind wat nie wil gaan slaap voordat dit donker is nie (al kan ek nie meer my oë oop hou nie). Het vanaand uiteindelik die blinds toegemaak en gaan vroeg slaap. Ek voel offisieel pootuit met my laaste rus dag in Burgos 2 weke terug. 3 dae om te gaan tot in Santiago.

    Vandag het ek baie jong mense gesien wat saam met ouma/oupa kom stap vir die laaste 100km. Die vrou in die foto is 86 jaar oud.

    N vriendelike priester in Paleis de Rei het ook uiteindelik n raaisel vir my opgelos. Die klein geboutjies in mense se erwe word Hòrreos genoem en het in die ou dae graan en ander goedere gestoor en droog gehou. Ek het gedink dis een of ander graf storie 🤭
    Read more