Satellite
Show on map
  • Day 27

    Melide to Arzua

    May 27, 2022 in Spain ⋅ ☀️ 22 °C

    18km - Hulle sê dat “the Camino provides”. Vandag het dit vir my twee “complementario” roetes gegee wat niemand anders wou volg. Dit was 8km deur woude, eucalyptus plantasies en plaas huisies vêr van die massas wat afkyk op die grond en “klak, klak, klak” met hulle stap stokke vooruit stoom.

    Tussen deur vang ek op met Becky van die VSA wat haar doktors tesis doen oor kos antropologie in verskeie lande.

    Aandete loop ek Ronda (ook van VSA) raak en ons deel “complimentarios” van gebraaide pimento’s, brood, jámon, quesa, chicken strips en n tuna slaai elk. Nou, vir probeer vroeg slaap terwyl die son nog so hoog sit jy kan n tan vang ☀️
    Read more