• Van Kleinbrak na Kleinmond

    October 31 in South Africa ☁️ 20 °C

    Gister was wild. Om op te pak, is meer werk as om uit te pak. Ons moes tentpanele was. Die vog in die tuinroete het mufkolletjies oral gemaak. Drie ure se elbow grease. En toe trap Dries 'n tentpen raak wat skuins 10cm in sy been insteek. Hospitaal toe vir tetanus spuit ens. Drie ure later eers daar uit. Vent in die karavaan het gebreek. Waterbottel omgeval op die bed en als uitgeloop. So teen die tyd dat ons bed gekry het gisteraand, was ons oppelala. Vanoggend die laaste goed gepak. Toe Dries die Cruiser skuif om te haak, het ons die kragkabel na die yskas vergeet. Een kabel MT. Hy is afgeruk dat die drade in alle rigtings wys.
    Lekker gery vandag en kliphard gesing in die kar.
    Nou is ons in Kleinmond. Uiteindelik. Terug by 'n plek wat soos huis voel.
    Read more