Satellite
Show on map
  • Day 50

    Eerste Kerk

    April 21, 2019 in South Korea ⋅ ☁️ 15 °C

    So is dit paasnaweek en ons soek met nuwe moed na n kerk. Jeju is blykbaar vol cults en ons sukkel nogal regtig om n kerk te kry. Gelukkig vind Margs n advertensie op fb en ons is reg vir kerk....tot ek verslaap. Sien, Jeju pas my leefstyl...alles begin eers 9uur. Tensy jy n bus moet kry. Ons moes. Ons het nie. Ekt gehardloop. In crocs. Ons het toe maar n taxi gekry en die prys betaal. Ons klim uit en stap oor die pad en tadaaaa mense wat soos ons is! En klomp wat Afrikaans praat! Asof dit nie lekker genoeg is dat almal afrikaans praat nie, is daar na die tyd n ete en daars n bak braaivleis! Ek vergeet al my maniere en gaan skep twee keer en steel n worsie uit stephan se bord uit! Jy kry nou nie elke dag n stukkie braaivleis nie! Ok dit was net wors, maar as jy bly in die land van seekos en pap groen blare....juig jy oor n gebraaide worsie en hy proe skoon na n medium rare A graad steak! Later loop ons nog n vriendin raak en hê gesprekke met mense soos ons oor n bord Sondag kos! Paasnaweek het n stukkie huis in hom gehad...en my voete is vrek seer...(ons het oppad terug agter die bus aangehardloop ook...vir spangees en so).Read more