Satellite
  • Day 12

    Skaap "mode"

    January 24, 2017 in Vietnam ⋅ ⛅ 28 °C

    My Ma se altyd mens moet in skaap "mode" ingaan as jy by die lughawe kom om iewers heen te vlieg, want jy staan basies die heeltyd in rye, terwyl iemand anders vir jou sê wat om te doen of in watse gangetjie om af stap, jou laptop uit haal, skoene uit trek, beld af te haal ens.

    In die westerse wêreld beteken dit jy moet reëls volg en in die ry bly sonder om in te druk, bly sit in die vliegtuig tot die kaptein die veiligheidsgordel liggie afsit ens.

    In Asië het dit 'n heel ander betekenis. Hier staan jy in 'n ry maar as jy nie in die persoon voor jou se persoonlike spasie is nie dan beteken dit die presoon agter jou gaan tussen julle indruk en seker maak julle al 3 is in mekaar se persoonlike spasie.

    Moenie dink by sekuriteitshek gaan jy toegelaat word om jou laptop uit jou sak te haal om op die loopband te sit sonder dat 6 mense voor jou indruk en hulle sakke op die loopband gooi tussen die goed wat jy reeds op die loopband gesit het en wat jy besig is om op te sit nie.

    Asof dit nie genoeg is nie, wanneer jy strek na jou tas wat nog op die loopband is nadat dit geskandeer is, klim daar mense letterlik onder jou arm in om hulle goed te gryp wat hulle sommer in jou skinkbordjie gegooi het terwyl jy deur die liggaamsskandeerder gegaan het. Dit voel elke keer of iemand jou goedjies probeer gryp.

    Die vlieenier moet ook nie durf waag dat die vliegtuig stilhou op die aanloopbaan en wag vir die vliegtuig parkering om oop te gaan nie, want dan is almal uit hulle stoelle uit en begin tasse uit die oorhoofse pakplek uithaal. Die plaaslike lugwaardinne aanvaar dit want hulle is dit seker gewoond maar ek kon die vrees op die spaanse lugwaardin se gesig sien wat voor ons gesit het toe dit gebeur. Syt dadelik na haar mikrofoon gegryp en in spaans en engels gese almal moet sit, nie dat meeste mense hier spaans of engels praat nie haha.

    Natuurlik my persoonlike gunsteling is, 'n stoel nommer op jou vliegkaartjie en selfs jou teenwoordigheid by die stoel beteken niks. Ons het die voorste ry sitplekke gekoop vir die extra beenspasie en ons was van die eerstes in die vliegtuig, soos ons besig is om die goedjies uit ons rugsakke uit te haal dit bo in die oorhoofse pakplek te sit wurm daar letterlik 'n vrou met n babatjie tussen Isabel en haar stoel in. Natuurlik verstaan sy nie 'n woord engels nie so ons moet vir die lugwaardin kry om haar te verduidelik dat dit nie haar stoel is nie.

    Ek word sommer self iemand waarvan ek nie hou nie,as ek hier vlieg . Niemand respekteer my spasie nie so ek begin dieselfde doen. Mense stoot hulle trollies in my hakke vas so ek doen dieselfde en ek loop mense uit die pad uit of druk in nes hulle.

    "If you can't beat them, join them"

    {Roedolf}
    Read more