• Overnight at the Prinsloo's

    26. december 2017, Sydafrika ⋅ ⛅ 0 °C

    Lekker gekuier saam die Prinsloo gesin op Biesiesvlei naby Smithfield in die Vrystaat. Ons maak ‘n stappie en kuier sommer soos ouds op die plaasstoep. Die groot oop vlaktes bly iets unieks en egs aan Suid Afrika. Die stilte daar sit ons in die regte vakansie luim. Ons braai ‘n lambouds hoe dan anders op ‘n skaapboer se plaas?

    Dis lekker om Lareine se folks te leer ken en oom Harry se stories te luister en uiteindelik ‘n gesig by ‘n gesegde kan plaas. Tannie Adré shape in ‘n kombuis soos net ‘n boervrou kan, die lekkerste groente wat ek in ‘n langtyd geeët het, en ‘n moerse plaasontbyt.

    {Issy}
    Læs mere